Deel 2

Die Slag van Bloedrivier

Die belang van die Slag van Bloedrivier vir die Prinsloo-nageslagte

Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu), en sy oudste seun Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag), was direk betrokke by die gelofte-aflegging en die daaropvolgende Slag van Bloedrivier. Dit is nie bekend of daar sytak-stambome van die Prinsloo-familie betrokke was nie, maar dit is wel moontlik. Dit is ook beslis moontlik dat voorouers van eggenote van die latere geslagte van Prinsloos betrokke was. Om hierdie rede vorm die Slag van Bloedrivier ‘n kerngedeelte van die Prinsloo familie se geskiedenis.

Met die Slag van Bloedrivier en die oorsakende gebeure en wat daarna gebeur het, kan dit baie duidelik afgelei word van watter stoffasie hierdie voorouers (verwysend na al die Voortrekkers) gemaak was. Hulle het geheel en al hulle lewe aan die Here vir die nodige leiding oorgelaat en streng volgens die beginsel van die vrugte van die Gees gelewe. Hulle is gemartel, beroof, vermoor, vermorsel — maar hulle het nie self in weerwraak gemartel, geroof, mense vermoor of vermorsel nie. Anders as die trekkers in die VSA waar inheemse inboorlinge voor die voet uitgeskiet is, het die Voortrekkers selfs probeer om grond by die inheemse volkere te koop. Dit sou byvoorbeeld makliker gewees het om die Zoeloenasie sonder enige waarskuwing te gaan verdelg.

Hierdie hoë Christelike waardes is en was nog altyd deel van die Afrikanervolk. Hulle ontwrikbare geloof in God het oorgeloop in die deursettingsvermoëns van hierdie pioniers, omdat hulle geglo het dat wat hulle ookal doen dit die wil van God moet wees om te kan slaag. Hierdie kinderlike afhanklikheid en geloof in die Here het gelei tot die aflê van die Gelofte aangesien dit wat voor hulle gelê het, as menslik onmoontlik deur hulle gesien is (en ook inderwaarheid was!)

Die “groot oorlogsvolk”, die Zoeloes

S

haka het in 1815 in Zoeloeland aan bewind gekom nadat hy as krygsowerste nuwe vegsmetodes en die nuwe wapen, die kortsteel assegaai, as Impileier ingestel het. Hy het die Zoeloes as ‘n werklik groot oorlogsvolk gevestig. Alle volwasse Zoeloemans is opgelei. Hy het ‘n totale oorlog van stapel gestuur wat groot dele van die hedendaagse Vrystaat en Transvaal onbewoond gelaat het. Dit het tot die uitwissing van honderde stamme gelei. Veral tussen 1820 en 1824 het Shaka (bekend as die swart Napoleon) honderde stamme met hul krale in dele van Suid-Afrika uitgewis.

Hy het sy Impi’s afgerig om as ‘n eenheid, in die vorm van ‘n beeshoring, te veg. Die beeshoring sluit dan omsingelend om die vyand toe en aanvalle word dan van alle kante gelyktydig gedoen. Die mees ervare Impi’s was op die voorgrond om te

“deurboor” en die jonger Impi’s was agter hulle om die vyand te omsingel. Zoeloes is opgelei om “in te gaan en dood te maak”. Shaka, die Zoeloekoning en grondlegger van die Zoeloes, is in 1828 egter in sy slaap deur onder andere sy halfbroer Dingaan, doodgesteek.

In hierdie stadium was die Zoeloe-lmpi’s reeds ‘n hoogs opgeleide, gedissiplineerde, ervare en gevestigde mag. Dit is waarteen die Voortrekkers te staan sou moes kom.

Die aanloop tot Bloedrivier

Blaauwkrantz-moordslagting

Dieselfde middag, Dinsdag 06/02/1838, moes eerwaarde Owen toekyk hoe Dingaan 'n reuse mag in die rigting vanwaar Retief gekom het, uitstuur. In die...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te organiseer en hulle binnekort moontlik sou aanval. Die...

read more

Die veldslag

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en tussen die Buffels- en Ncomorivier uitgespan....

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die terrein en hulle was bevrees dat die buskruit vir...

read more

Gevolge van die veldslag

Na die slag van Bloedrivier is die mag van die Zoeloes finaal verbreek en burgeroorlog het tussen hulle uitgebreek. Dingaan het na Swaziland gevlug...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë geneem word: Geen ander oorlogsterrein met...

read more

Kontak vir meer inligting om die stamboom en geskiedenis te voltooi

Book a Tour Today!

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Proin eget tortor risus. Nulla porttitor accumsan tincidunt. Pellentesque in ipsum id orci porta dapibus. Donec rutrum congue leo eget male

Call (255) 352-6258 to schedule