Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te organiseer en hulle binnekort moontlik sou aanval. Die Kommando was in daardie stadium naby Spioenkop en hulle het toe deur die Tugela rivier (wat in vloed was) na Wasbank (tussen Glencoe en Ladysmith) getrek en daar laer opgeslaan.

By Wasbank het Sarel Celliers, die prediker, op Sondag 09/12/1838 op ‘n kanonwa vir die oggenderediens geklim. Tydens die diens het hy ‘n plegtige gelofte voorgestel (vrye vertaling van die Nederlandse taal):

“My broers en landgenote, op hierdie oomblik staan ons voor die Heilige God van Hemel en aarde om ‘n gelofte te maak. Indien Hy met ons is en ons beskerm en nie aan die vyand oorlewer nie, sodat ons kan triomfeer, sal ons jaarliks hierdie dag en datum eer en herdenk as Dankdag en Sondag tot Sy eer en ‘n kerk vir Sy Naam oprig. Ons sa/ ons kinders en kleinkinders hieroor inlig dat hulle deel van

 

hierdie gelofte is ter herinnering van ons nageslag. Indien enige een ‘n probleem hiermee het, laat hom dan nou van hierdie plek wegdraai. Die eer van Sy Naam sal hierdeur met vreugde verhoog word en aan Hom kom toe die eer en heerlikheid vir die oorwinning”.

Alle Engelse vrywilligers het hulle by die Afrikaanse Voortrekkers gevoeg en die

Gelofte afgelê. Dit is vanaf 09/12/1838 elke aand tot en met die aand van 15/12/1838 tydens aandgodsdiens herhaal.

Daar was die laaste week voor die Slag van Bloedrivier ‘n kalm doelgerigtheid onder die lede van die Kommando. Hulle het baie goed besef dat hulle teen ‘n onoorwonne

Zoeloemag van na raming 20 000 krygers te staan kan kom terwyl hulle net 468 was.

Die Slag van Bloedrivier

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.