Die De Langes wil trek

Tydens die aanvang van die Groot Trek was die netelige kwessie wat elke egpaar gehad het, of hulle moet trek en so hul familie los, of moet bly.

“Gaan jy trek of gaan jy bly!” dit is wat Barend Jacobus de Lange aan sy jong vrou, die vurige

Petronella gesê het toe hulle nie eenstemmigheid kon verkry om te trek nie. Seekoei-oog (Barend) wou trek maar Petronella nie — om die eenvoudige rede dat, alhoewel al die de Langes op trek gestaan het, van haar familie in die Kaapkolonie sou agterbly, en sy hulle waarskynlik nooit weer sou Sien nie.

Nie een wou skiet gee nie, sodat Barend toe maar sy waens gelaai het en aangekondig het hy trek. Steeds het Petronella voet by stuk gehou. Toe die vertrekdag aanbreek, het Barend ingespan, sy skoonfamilie gegroet, en einde ten laaste ook sy vrou gesoen, waarop hy vertrek het.

Toe die wa by die werfhek uitgaan, het die liefde egter die oorhand gekry. Petronella het haar rokke bymekaar gemaak, effens opgelig en agterna gehardloop terwyl sy vir Seekoei-oog roep om vir haar te wag, want sy wil saamgaan!

 

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.