Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met die tyd afwater en verlore gaan.  Daarom het die behoefte ontstaan om van hierdie inligting te boekstaaf en sodoende vir die nageslag te toon uit watter stoffasie die Prinsloos gebou is.

Om volkstrots te kan he, is dit primer nodig om eers familietrots te moet he.  Sonder familietrots is dit ‘n mite om te beweer dat jy Afrikanertrots het.  Dit is ongelukkig waar dat in elke familie (ook in die Prinsloo-familie) ‘swartskape’ is, maar dit is net so waar dat uitstaande mense (selfs held!) in so ‘n familier-hierargie kan voorkom.  Ons kan baie van hierdie familievoorgeslagte as rolmodelle neem om ons eie lewe en die van ons nageslag positief in te rig.  Ons besit immers van hul gene!

Ek het verder gepoog om die geskiedenis van elke geslag met geskiedkundige/politieke gebeure van daardie periode in te kleur sodat die leser ‘n beter begrip kan he van prestasies, uitdagings, motiewe en beweegredes van die familielede op hul lewenstydstip.

Die doel met hierdie familiegeskiedenis

Opsommends is dit dus die dole hiervan, om die volgende van die Prinsloos se familiegeskiedenis te boekstaaf –

  • Om te weet waar ons vandaan kom met die oog om te weet wie ons is, en sodoende familietrots te besit.
  • Om vir ons kinders en nageslag inligting oor ons voorvaders deur te gee wat andersins verlore sou gaan, aangesien die meeste inligting hoosaaklik deur middel van oorlewering bekend is.
  • Om die leser te motiveer om self dieper te delf en meer gedetaileerde inligting te verkry om hierdie aanvanklike weergawe positief aan te vul, te korrigeer of the wysig.
  • Om hopelik die leser te motiveer en te aktiveer om ‘n indiepte navorsing te doen en ‘n professionele Prinsloo-familiegeskiedenis te publiseer.
  • Om ander geskrifte oor die Prinsloo-familiegeskiedenis, waar beskikbaar, ook te lees.

Voorbehoude

  1. Slegs die direkte afstammelinge vanaf AdriaanGerritzoon Prinsloo tot en met Lourens Johannes Prinsloo word beskryf, met aanduiding van broers en suster by elke geslag.  By uitsondering word familielede op sytakke beskryf waar uitstaande prestasies of insidente voorgekom het.
  2. Dit is nie die dole hiervan om swakhede/wandade en/of skandes van voorgeslagte (wat wel voorgkeom het) te beklemtoon nie.  Sulke gevalle en insidente word eerder verswyg!
  3. Ek was nie in staat om gedetaileerde navorsing te doen nie  Hierdie is dus ‘n lekker poging om die geskiedenis te beskryf.  Die gereflekteerde inligting is dus plek-plek baie skraal om die lyf.  Die uitsondering is die geskiedenis van Willem Petrus Prinsloo, bekend as Willem Pionier of Willem Wragtag, waarvan baie nagevorste inligting beskikbaar is en omdat hy ‘n uitstaande Boerepionier was

Indeling van die inhoud

Deel 1:  Die tydperk 1680 – 1880

Adriaan Gerritsoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu)

Deel 2:  Die Slag van Bloedrivier

Deel 3:  Die tydperk 1820 – 1898

Die leeftyd van Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag)

Deel 4:  Staaltjies rondom Willem Petrus PRinsloo (Willem Wragtag) asook die van die De Langes (skoonfamilie van Willem Wragtag)

Deel 5:  Familiegeskiedenis van nasate van Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag)

 

Die kodes na die name word in die Bylaes en Aanhangsels skakels vir die nodige insae, ingelas.

Bedankings en Erkennings

Daar is met die beperkte navorsing wat gedoen is, baie swaar geleun op Louwrens Johannes Prinsloo wat by sy vader, wyle oom ‘Ben’ Prinsloo (I2) baie inligting gekry het.  Ook spesiale dank aan die volgende familielede (by die opstelling hiervan intussen almal oorlede):

  • Tant Sarie Wassenaar (I1)
  • Tant Tillie van Wyk )nasaat van G2)
  • Tant Miertjie le Roux (nasaat van G4)
  • Dora Prinsloo (dogter van H1)

Ook dank aan ander familielede wat tydens die finale redigering van hierdie werkstuk, bydraes en hulp verleen het (soos Corrie Kruger en Louwrens Prinsloo).

Laastens bedank ek graag vir Clive Berry vir die beskikbaarstelling van rekenaargeriewe asook tegniese versorging an hierdie bundel.

Ek vertrou dat die leser hierdie boek interessant, insiggewend en motiverend sal vind.  Lekker lees!

Lourens Johannes Grobler (I5)

Bronverwysings

  1. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 1988.2(4): Alana Baily: “Willem Prinsloo – ‘n kleurryke Transvaalse Pionier”.
  2. Toesprake gehou deur BJ Prinsloo by geleentheid van die totstandkoming van die Willem Prinsloo Landboumuseum en tydens die herbegrafnis van Barend Jacobus Prinsloo en sy vrou.
  3. Verskeie ou koerantberigte en -artikels
  4. Illustrated History of South Africa, The True Story, Readers Digest.

Our Blog

Latest Articles

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.