illem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu) se geskiedenis strek vanaf die tydperk toe hy ‘n boer in die Oos-Kaap was tot sy laaste jare in die omgewing van Pretoria.
Na die heranneksasie van die Kaap deur die Britte in 1805 het die omstandighede van die Oosgrensboere drasties versleg weens nuwe Engelse wette wat hierdie boere van baie regte ontneem het — in baie gevalle tot voordeel van die Xhosas. Alle konflikte met die Xhosas moes eers in howe besleg word. Die reg om hulle teen aanvalle en diefstal van vee teen die Xhosas te verdedig, is hulle is grootliks ontneem. Die Engelse het verder hierdie boeregemeenskap kultureel gesaboteer deurdat verengelsing in skole afgedwing was. Met die invoer van Britse setlaars was die kompetisie vir weiveld in die Oos-Kaap nog groter, met die gevolg dat die boere nie meer kon rondtrek agter weiveld aan nie.
Teen die einde van die twintiger- en aan die begin van die dertigerjare van die negentiende eeu, het sommige van die boere in die Oos-Kaap besluit dat hulle genoeg gehad het van hierdie probleme en die Engelse bewind van die Kaapkolonie. Onder leiding van verskeie leiers soos
Louis Trichardt, Hans van Rensburg, Andries Hendrik Potgieter en die spesialis wamaker Gerrit Maritz, het hierdie ontevrede boere besluit om hul heil in die onbekende binneland te gaan soek. Hierdie verskillende trekgoepe het gedurende 1835 en 1836 begin trek.
Willem Spreeu en sy gesin het hulle by die trekgroep van Gerrit Maritz aangesluit en noordwaarts in die rigting van die Vrystaat begin trek. Aanvanklik het die Maritz- en Potgietertrekke saam getrek.
In 1836 het beide trekgroepe ‘n strafekspedisie teen die Matebeles gevoer en hulle na die huidige Zimbabwe verdryf.
Kort na hierdie strafekspedisie het daar tweedrag tussen Potgieter en Maritz ontstaan, en die Maritz trekgroep (insluitende Willem Petrus Prinsloo) asook moontlik ander Prinsloo families het oor die Drakensberge na Natal getrek, terwyl Potgieter noordwaarts, na wat later Transvaal sou word, getrek het.
Die Maritztrek, waarvan Willem Spreeu en sy gesin deel was, het geweldige ontberings in Natal tussen 1836 en 1838 ervaar. Voorbeelde hiervan was die aftog teen die
Drakensberge; die kindermoord by Kranskop; die ontberings
Gerrit Maritz die moorde by Blaauwkranz asook die afsterwe van Maritz wat hulle leierloos gelaat het totdat Andries Pretorius kort voor die Slag van Bloedrivier by hulle aangesluit het.
In 1838 is die Gelofte afgelê en het die Slag van Bloedrivier plaasgevind waaraan Willem Spreeu en sy oudste seun Willem Wragtag deelgeneem het. (‘n Spesiale bespreking van die Slag van Bloedrivier word verder in Deel II bespreek). Daarna het Willem Petrus Prinsloo en sy gesin hulle iewers in Natal (vermoedelik Pietermaritzburg, naby die Geloftekerk) gevestig. Gedurende 1842 egter, nadat Port-Natal deur die Britse magte beset is, het Willem Spreeu en sy gesin tydelik na Winburg-omgewing in die Vrystaat verhuis. Daarna het Willem Spreeu en sy gesin, asook sy seun Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag), wat toe pas getroud was, na Deelkraal aan die Mooirivier (huidige Potchefstroom) verhuis en hulle daar gevestig.
In 18A8 het sy seun. Wragtag, wat toe in die omgewing van die Apiesrivier (Pretoria) geboet het. hom ootreed om na Pretoria te verhuis. Dit was voor die ontstaan van Pretoria in 1855.
Wdlem Petrus Prinsioo was die sesde seun van Jochemus Johannes Prinsloo (04), uit ‘n hui%€esin wat Uit 12 kinders bestaan het. Hy is op nuwejaarsdag van 1797, en op vermoedelik die plaas van sy vader en ook sy grootvader Willem dic Oue, gebore.
Op 4/10/1819, op 22 jarige ouderdom, is hy getroud met sy niggie Maria Elizabeth Prinsloo (EIS), ‘n dogter van sy oom W’llem Prinsloo (07). Soos reeds beskryf, was Maria eers met ‘n ander neef, Hendrik Frederick Prgnsloo (ti), getroud.
Uit hierdte huwelik is daar S kinders, 4 seuns en 1 dogter, gebore:
Willem Petrus Prinsloo “Willem Wragtag” (19/02/1820)
- Martha Louise Prinsloo (12/1825)
- Erasmus Daniel Prinsloo (02/1830)
Petrus Barend Nicolaas Prinsloo (07/1832)
- Jochemus Johannes Prinsloo (geboortedatum onbekend)
Die egpaar het op die plaas “Spreeukloof”, in die omgewing van die huidige Somerset-Oos geboer. Vandaar die bynaam “Willem Spreeu” ten einde hom van die ander Willem Prinsloos te onderskei.
Willem Spreeu was nie ‘n Voortrekkerleier nie, maar hy was ‘n befaamde meubelmaker en kon fyn inlegwerk met ivoor en ligkleurige houtsoorte doen. Hy is in 1878 oorlede en by Lusthof, langs die Pienaarsrivier, begrawe. Dit is onseker waar en wanneer Maria Elizabeth oorlede is, maar dit was voor Willem Spreeu se afsterwe. Willem Wragtag, sy oudste seun, het as eksekuteur van sy boedel opgetree,
Our Blog
Latest Articles
Inleiding
Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...
Adriaan Gerritzoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu)
Adriaan Gerritzoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu) Inleiding Daar is baie min...
Adriaan Gerritzoon Prinsloo (A)
Gedurende 1679 het Simon van der Stel goewerneur van 'De Kaap' geword met die opdrag van die...
Nicolaas Prinsloo (32)
Aangesien Nicolaas Prinsloo se broer en susters kinderloos gesterf het, kan hy in der waarheid as...
Willem Prinsloo “Willem die Oue” (C4)
Die periode wat Willem Prinsloo geleef het, word gekenmerk deur aanhoudende probleme met die...
Marthinus Prinsloo (D2)
Die geskiedenis van die "D-geslag" (Willem die Oue se kinders), word vir agtergrondsdoeleindes...
Hendrik Frederick Prinsloo (Dl)
Hendrik Frederick Prinsloo was die tweede seun van Willem die Oue en is op 04/07/1746 gebore. Dit...
Hendrik Frederick Prinsloo (E13)
Hendrik Frederick Prinsloo Jnr se geboortedatum is onbekend. Hy was getroud met een van sy...
George Diederick Petrus Prinsloo (E14) en Willem Jacobus Prinsloo
Hendrik Frederick Prinsloo (Dl), was ook die vader van George Diederick Prinsloo (geboortedatum...
Nicolaas Prinsloo (D3)
Nicolaas Prinsloo was die oudste seun van Willem die Oue en is op 25/08/1743 gebore. Hierdie is...
Jochemus Johannes Prinsloo (D4)
Daar is baie min oor hierdie direkte voorouer bekend behalwe dat hy ook 'n grensboer in die...
Willem Prinsloo (D7)
Willem Prinsloo was die derde seun van Willem die Oue en is op 25/12/1749 gebore. Dit is onbekend...
Maria Elizabeth Prinsloo (E15)
Maria Elizabeth Prinsloo was een van die kinders (die ander onbekend) van Willem Prinsloo (D7) en...
Die “groot oorlogsvolk”, die Zoeloes
Shaka het in 1815 in Zoeloeland aan bewind gekom nadat hy as krygsowerste nuwe vegsmetodes en die...
Pet Retief en geselskap se moord
Piet Retief het beplan om na Dingaan te gaan met 'n traktaat waarvolgens toestemming verleen sou...
Blaauwkrantz-moordslagting
Dieselfde middag, Dinsdag 06/02/1838, moes eerwaarde Owen toekyk hoe Dingaan 'n reuse mag in die...
Die koms van Andries Pretorius
Nie baie lank na die Blaauwkrantz-moordslagting, is Gerrit Maritz skielik oorlede. Die afsterwe...
Die Gelofte
Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...
Voorbereiding
Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...
Veldslag
Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...
Gevolge van die veldslag
Na die slag van Bloedrivier is die mag van die Zoeloes finaal verbreek en burgeroorlog het tussen...
Wonderwerke
God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...
Die Slag van Bloedrivier en die nageslag
Hierdie veldslag sou beslis nie deur die Voortrekkers gewen kon word sonder die ingryping van ons...
Lewensgeskiedenis tot en met die Slag van Bloedrivier
Soos reeds in Deel I genoem, is Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu), op 04/10/1819 getroud met...
Lewensgeskiedenis tot Willem Wragtag se vestiging in Pretoria
Gedurende 1841, nadat Port Natal deur die Britse magte beset is, het Willem Spreeu en sy gesin...
Verdere geskiedenis
Gedurende die begin van die 1850s, het Willem sy beroep van grootwildjagter begin beoefen....
Nalatenskap
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...
Kinders
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...
Verdere geskiedkundige agtergrond
Willem het volgens die navorsing en geskrifte oor hom, hom nie veel aan politieke en staatkundige...
Kort agtergrondskets van Johanna Maria de Lange
Volgens aanduidings is Johanna Maria de Lange, vrou van Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag),...
Die De Langes wil trek
Tydens die aanvang van die Groot Trek was die netelige kwessie wat elke egpaar gehad het, of hulle...
Onverskrokke Willem
Willem Wragtag se groot liefde was om te jag. Waar Pretoria vandag geleë is, was roofdiere in die...
Jolyt in Pretoria
Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...
Dapper Willem
Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...
Onderonsie met buffel
Die jagveld het Willem ook nie genadiglik behandel nie. Nadat hy op 'n keer 'n buffel gekwes het,...
Willem die vermiste
Volgens oorlewering word vertel dat Willem op een van sy jagtogte — iewers onbekend — teen...
Willem en die Goud Jagters
Willem Wragtig (rees) en Lang Willem tydens die goudstormloop Toe goud op Willem se plaas...
Willem en die droëperskes
Met die ontdekking van gouddraende erts op Willem se plaas Modderfontein, word dit verhaal dat...
Die spitgraaf
Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...
Willem en Sir Thomas Cullinan
Dit word vertel dat, nadat Willem die Modderfontein plaas verkoop het, hy onder andere die Plase...
Die verhaal van Makbees
(Wat nou volg, is alles 'n direkte aanhaling van 'n toespraak van wyle B.J. Prinsloo, bekend as...
Inleiding
FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...
Willem Petrus Prinsloo “Lang Willem” (G4)
Met die totstandkoming van die Willem Prinsloo Landboumuseum deur grondskenking van tant Miertjie...
Maria Elizabettha Prinsloo (G3)
Maria Elizabettha Prinsloo, ook bekend as 'tannie Beth' is op 14/12/1845 op die plaas Deelkraal...
Jochemus Johannes Prinsloo (G6)
Jochemus Johannes Prinsloo is in 1855 gebore en in 1926 oorlede. Sy bynaam was 'oom Rooi Joggem'....
Johanna Maria PRinsloo (G1)
Johanna Maria Prinsloo is op 22/06/1842 gebore. Haar huwelikstaat is onbekend en geen inligting...
Erasmus Daniel Jacobus Prinsloo (G2)
Daar is nie veel oor Erasmus Daniel Jacobus Prinsloo bekend nie. Die naam en geboortedatum van sy...
Petronella Aletta Prinsloo (G7)
Petronella Aletta Prinsloo is op 01/01/1847 gebore en op 22/08/1914 oorlede. Al wat van haar...
Martha Louise Prinsloo
Martha Louise Prinsloo se geboorte en sterftedatums is onbekend maar sy was getroud met Boy van...
Barendlina Hendrika Prinsloo (G9)
Barendlina Hendrika Prinsloo, ook bekend as 'tannie Bernien', is op 22/7/1853 gebore en op...
Ready to Make a Change?
Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.