Onverskrokke Willem

Willem Wragtag se groot liefde was om te jag. Waar Pretoria vandag geleë is, was roofdiere in die veertigerjare van die negentiende eeu nog volop. Verhale van Willem se onverskrokkenheid en noue ontkomings word vandag nog oorvertel.

‘n Astrante leeu wat op ‘n keer ‘n vers uit Willem se takkraal gesleep het, is deur ‘n jagparty agternagesit. Uit ondervinding het Willem geweet dat die wind vir die jagters verkeerd waai en hy was nog besig om sy vriende te waarsku, toe die leeu hulle skielik bestorm. Josef Fourie (oupa van Jopie Fourie), se pangeweerskoot het die leeu gemis. Willem het geskree dat Fourie na links moes koes sodat hy die leeu kon skiet, maar Fourie het steeds tussen hom en die leeu gebly totdat die leeu vir Fourie omgespring het. Op die oomblik toe die leeu die doodbyt wou toedien, het Willem sy sanna teen die leeu se kop gedruk en gevuur.

Die leeu was dood maar in die proses was Fourie ook verwond — maar Willem het sy lewe gered.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.