George Diederick Petrus Prinsloo (E14) en Willem Jacobus Prinsloo

Hendrik Frederick Prinsloo (Dl), was ook die vader van George Diederick Prinsloo

(geboortedatum onbekend). Dit is nie bekend wie sy vrou was nie, maar hulle het onder andere ‘n seun gehad, nl Willem Jacobus Prinsloo, wat op 07/02/1858 gebore is. Albei het ‘n groot en leidende rol in die Dorslandtrekke gespeel.

Weens die swak bewind van President Burger, het die burgers gevrees dat Brittanje die Zuid Afrikaanse Republiek sou annekseer (wat toe wel later plaasgevind het!). Ten einde Britse oorheersing vry te spring, het daar in 1874 en later in 1877 ‘n tweede groep mense na DuitsWes Afrika (Namibië) en Portugees- Wes Afrika (Angola) begin trek. Willem Jacobus Prinsloo was in hul geledere en George Prinsloo, sy vader, het as hulle landdros opgetree.

 

Dors, malaria en vyandige inboorlinge was verantwoordelik vir die talle sterftes en onbeskryflike ontberinge van die Dorslandtrekkers. Op 1/06/1879 is Willem getroud met Susanna Catherina Magdalena Petronella Labuschagne. In 1884 het ‘n groep trekkers, onder leiding van George Prinsloo, na die Grootfontein distrik getrek en op 20/10/1885 aldaar die Republiek Upingtonia gestig, met George as President. ‘n Jaar later is die republiek weens onuithoudbare vyandelike inboorlinge ontbind en het die Prinsloos terug verhuis na die ZAR.

Na George se dood in 1888, het Willem as leier van die derde Dorslandtrek, teruggetrek na Angola, en hom in 1892 in die Humpata omgewing gevestig waar hy ‘n boer was. Hy is in 1925 oorlede.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.