Marthinus Prinsloo (D2)

Die geskiedenis van die “D-geslag” (Willem die Oue se kinders), word vir agtergrondsdoeleindes beskryf.

In 1795, na aanleiding van Napoleon Boneparte van Frankryk se inname van lande in Europa, het Engelse skepe Kaap toe gevaar en die Kaap in 1795 geannekseer. In 1802 egter, in uitvoering van die Verdrag van Amiens, is die Kaap teruggegee aan die Frans-Hollandse sattelietadministrasie, naamlik die Betaafse Republiek. In 1805 het daar egter weer oorlog tussen Frankryk en Engeland uitgebreek en die Engelse het die Kaap finaal geannekseer.

Gedurende die eerste Engelse bewind in 1799, het ontevrede Trekboere (of soos dit van nou af genoem kan word, Grensboere), onder leiding van o.a. Adriaan van Jaarsveld en Marthinus Prinsloo die Republiek van Graaff-Reinet uitgeroep. Marthinus Prinsloo was ‘n verkose

 

volksleier en hy het die eedaflegging van getrouheid aan die Britse kroon teengestaan en die eedaflegging verbied. Hy was ook een van die hoofwoordvoerders van die burgers op die vergadering wat op 22/03/1796 met Generaal Craig van die Britse Kaapregering gehou is. Voortvloeiend hieruit het die Engelse owerheid hulle vir hoogverraad gearresteer en in die kerker in die Kaap opgesluit, in afwagting van teregstelling. In 1802 egter, met die totstandkoming van die Betaafse regeringstydperk, is Marthinus Prinsloo vrygestel. Van

Jaarsveld het in aanhouding gesterf. Marthinus was ook die beroemde grenskommandant voor die Engelse oorname van die Graaff-Reinet gebied. Met die heranneksasie van die Kaap deur die Engelse in 1805, is daar gerebelleer vir die behoud van die gestigte Republiek, en sy broerskind Hendrik Frederick Prinsloo “Junior” (El), is as gevolg hiervan tereggestel (kyk na die geskiedenis van Hendrik Frederick Prinsloo — El)

Marthinus Prinsloo wat in die omgewing van Boschberg woonagtig was, was die 4de seun van Willem die Oue en is op 13/05/1751 gebore. Dit is nie bekend met wie hy in die huwelik getree het nie, maar dit is bekend dat hy ‘n seun Willem gehad het. Die ander kinders is onbekend. Hy is in 1816 oorlede.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.