Adriaan Gerritzoon Prinsloo (A)

Gedurende 1679 het Simon van der Stel goewerneur van ‘De Kaap’ geword met die opdrag van die Oos-Indiese Kompanjie om die handelsposgebied te vergroot sodat meer gronete, vleis ensovoorts verbou kon word ten einde die verbygaande skepe van vars voedsel te kon voorsien.  Vir hierdie doel is daar toe ook meer Hollanders Kaap toe gebring om boerdery-aktiwiteite te begin.  In 1687 is Stellenbosch-distrik ten volle met Hollandse kolonialiste beset.  Gedurende 1688 het boerdery verby hierdie oorspronklike grens in die Stellenbosch-distrik begin strek.  Hierdie boere het as Vryburgers bekend gestaan.

 

Dit is gedurende hierdie tyd dat Adriaan Gerritzoon Prinsloo in 1680 (28jaar na Jan van Ribeeck) aan die Kaap voet aan wal gesit het, moontlik met die vooruitsig om te kan boer.  Adriaan Gerritzoon Prinsloo is afkomstig van ‘Het Loo’, die naam van die landgoed van die Prinss van Oranje by Appeldoorn, Nederland.  Ander bronne dui daarop dat hy van Tergou, Nederland, afkomstig is.  Volgens legendes word ook beweer dat hy van die Nederlandse staat ‘Loo’ afkomstig was en dat sy broer die prinsskap van die staat oorgeneem het.  Hy was glo so ontevrede daarmee dat hy na die Kaap geemigreer het en alhier homself die naam “Prinsloo” (afgelei van die “Prins het Loo”) toegeeien het.

 

Later is die verskillende state deur die Prins van Oranje in ‘n Nederlandse staat staamgesnoer.  Die moontlikheid bestaan dus dat sy van inderwaarheid “Gerritzoon” was, maar dit kan nie bevestig of ontken word nie.  Daar bestaan wel vandag families in nederland met die van “Gerritzoon”.

Ander bronne meld dat hy wel die van “Prinsloo” gehad het, en dat sy naam Adriaan Gerritsz Prinsloo was.

 

In 1683 is hy met ‘n Nederlandse meise, Alida Claasen (volgens ander bronne, Alida Claasz) dogter van die Vryburger Cornelis Claasen, getroud.  Uit hierdie huwelik is 4 kinders gebore:

  • Gerritje Alida Prinsloo (geboorte- en sterfdatum onbekend), getroud met ‘n Visagie Alteie Prinsloo (10/10/1683) *Sommige bronne vermeld”Alida” — sy is ongetroud oorlede Nicolaas Prinsloo (11/08/1686)
  • Joachim Prinsloo (04/02/1689) *Ongetroud oorlede

Die geboorte- en sterfdatums van Gerritzoon en sy vrou Alida is nie bekend nie.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.