Verdere geskiedkundige agtergrond

Willem het volgens die navorsing en geskrifte oor hom, hom nie veel aan politieke en staatkundige sake gesteur nie, en volgens dit wat bekend was, nie daaraan deelgeneem nie. Dit is nogtans belangrik om sy lewensgeskiedenis in Transvaal saam te lees met dit wat rondom hom plaasgevind het. Hoofpunte van gebeure gedurende hierdie tydperk was onder andere kortliks die volgende: –

  • Die tweedrag tussen Voortrekkerleiers en die totstandkoming van drie afsonderlike mini-republieke te Potchefstroom, Ohrigstad en Soutpansberg gedurende 1840’s en 1850’s.
  • Die sluiting van ‘n verdrag met Engeland tydens die Sandrivier-konvensie in 1852 dat daar nie ingemeng sal word met die sake van die Vrystaat en Transvaal nie, en hulle onafhanklikheid gerespekteer sal word.
  • Die Makapansgrot-beleg teen die Ndebeles waartydens Piet Potgieter vermoor is. Die woelinge rondom pogings om die drie mini-republieke as ‘n eenheid saam te snoer teen die einde van die 1850’s.
  • Die totstandkoming van die ZAR in 1860 met M.W. Pretorius as president, wat voorafgegaan is deur ‘n bakleiery oor watter vlag (die Potgietervlag of die Vierkleur) aanvaar moes word asook wie die president moes wees (Stephanus Schoeman of M.W.

Pretorius). Hierdie dispuut het byna gelei tot ‘n burgeroorlog.

  • ‘n Verdere dispuut, wie President Burger moes opvolg, Paul Kruger of Frans Joubert.

Wat wel van belang mag wees, aangesien aanvaar kan word dat Willem daaraan deelagtig kon wees, was die skeuring in kerkgeledere wat gedurende die tagtiger jare plaasgevind het. Die Gereformeerde Kerk het in Rustenburg ontstaan weens afkeur van ‘n Algemene Sinode besluit van die Hervormde Kerk (Staatskerk van die ZAR), om ‘Evangelische gezangen’ te sing. (Hoe belaglik, want die Gereformeerde Kerk het toe mettertyd in elkgeval ‘skrifberyminge’ as deel van die kerksang aanvaar!).

Op gevorderde ouderdom het Willem Wragtag (seker met afgryse), die kapitulasie van President Burger ervaar, waartydens Burger sonder weerstand Pretoria en die ZAR aan die Britse regering oorhandig het. Hy het ook die Eerste Vryheidsoorlog teen Engeland beleef. Hy is egter ‘n jaar voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog oorlede.

Willem se verswakkende gesondheid het hom egter aan deelname aan enige militere aksie weerhou. Tydens die Jameson-inval van 1895-1896 kon hy slegs finansiële steun aan sy Republiek gee.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.