Willem Prinsloo “Willem die Oue” (C4)

Die periode wat Willem Prinsloo geleef het, word gekenmerk deur aanhoudende probleme met die Xhosa’s aan die Oosgrens en Trekboere wat as gevolg daarvan begin saamstaan het teen die bedreiging. Die Oos-lndiese Kompanjie, wat tot die volksplanting aan die Kaap bygedra het, het in hierdie stadium begin verswak en het nie belang gestel in die Oosgrensprobleme van die Trekboere nie.

Dit is onseker op watter stadium Willem die Oue na die binneland getrek het, en of dit saam met sy vader Nicolaas in 1772 was. Hy was egter ‘n kranige veeboer en jagter. Hy was ‘n gesiene man en is deur talle bekendes op sy plaas, waarvan die ligging onbekend is, besoek. Volgens inligting is hy o.a deur Hendrik Swellengrebel en die goewerneur JA van Plettenberg besoek. Dit is ook bekend dat hy gereeld funksies, aangebied deur genoemde goewerneur, in die Kaap bygewoon het.

Willem Prinsloo was die derde seun van Nicolaas Prinsloo en is op 05/05/1715 in Paarl in die destydse Kaapkolonie gebore. Hy is op 19/10/1742 getroud met Maria Elizabeth Klopper, dogter van die stamvader Hendrick Klopper en sy vrou Catharina Botha (dogter van die stamvader Frederik Botha). Uit die huwelik is 5 seuns en 3 dogters gebore, naamlik:

  • Nicolaas Prinsloo (25/08/1743)
  • Petronella Prinsloo (01/10/1744 — getroud met ‘n Krugel)
  • Hendrik Frederick Prinsloo (04/07/1746)

            Willem Prinsloo (25/12/1749)

             Marthinus Prinsloo (13/03/1751)

 Jochemus Johannes Prinsloo (13/10/1754)  Catharina Margaretha Prinsloo (06/02/1757)

  • Maria Elizabeth Prinsloo (07/10/1759)

Die oorsprong van die naam “Willem die Oue” is ook onbekend, maar dit is die eerste “Willem” in die Prinsloo-familiestamboom. Hy is op 66 jarige leeftyd op 7/7/1781 in Somerset-Oos oorlede. Die geboorte- en sterfdatum van sy vrou Maria Elizabeth Klopper is nie bekend nie.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.