Maria Elizabettha Prinsloo (G3)

Maria Elizabettha Prinsloo, ook bekend as ‘tannie Beth’ is op 14/12/1845 op die plaas Deelkraal aan die Mooirivier te Potchefstroom gebore. Daar is nie veel oor haar bekend nie, behalwe dat sy nooit getroud is nie.

Na die afsterwe van haar vader Willem Wragtag in 1898, het sy die plaas Elandsfontein no.85, distrik Pretoria, (nou Cullinan) geerf. Daar was toe alreeds diamantdraende erts op die plaas ontdek. Op 17/11/1902 het sy die plaas aan die ‘Premier Syndicate Limited’ teen ‘n astronomiese bedrag van honderd duisend pond sterling verkoop (die huidige waarde beloop rofweg 1 miljard rand).

Sy is op 22/03/1918 oorlede en dit is nie bekend waar sy begrawe is of wie die fortuin geerf het nie.

In 1905 is die Cullinan diamant in die myn gevind waarvan ‘n deel in die Britse koninklike septer en ‘n deel in die imperiale kroon tot vandag toe, te siene is.

 

Familiefoto van Lang Hans Prinsloo by Wonderboom

Voor (sittend):

Eerste ry•.

Tweede ry:

Agter:

no.S: Christoffel van Deventer; no.6: Tant Miertjie; no.ll: Tant Tillie van Wyk

no.4: Oupa Jan Booysen; no.5: Lang Willem Prinsloo; no.6: Jan Booysen, seun van no.4; no. 7: Tant Anna van der Linde, dogter van no.8; no.8: Ouma Bettie Booysen, vrou van no.4; no.9: Tant Cornelia Prinsloo; no.10:

Tant Fransiena, Tant Miertjie se ma; no.ll: Christina van Deventer

no.2: Oom Danie Booysen; no.6: Lang Hans Prinsloo; no.7: Tant Bettie Prinsloo; no.12: Dirk van Deventer, pa van Tillie van Wyk;

no.4: Jaap van Deventer

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.