Die koms van Andries Pretorius

Nie baie lank na die Blaauwkrantz-moordslagting, is Gerrit Maritz skielik oorlede. Die afsterwe van beide Gerrit Maritz en Piet Retief het die Voortrekkers in Natal nou leierloos gelaat. Die Voortrekkers het besef dat hulle ‘n leier nodig het wat hulle in staat sou stel om te poog om die aanslag van die Zoeloes teen te staan en hopelik te breek.

Andries Pretorius was ‘n dinamiese boer van Graaff-Reinet wat deur die boere as natuurlike leier aldaar aanvaar is. Dit is nie bekend met watter trekgroep hy getrek het nie, maar hy was in die begin van 1838 reeds in Transvaal-omgewing. Hy was alom bekend en die Voortrekkers in Natal het hom gevra om te kom en hul leier te wees. Andries Pretorius het ingestem en in November 1838 saam met 60 vrywilligers hulle by die Trekkers aangesluit. Binne ‘n week het hy ‘n kommando van 468 man georganiseer en hulle begin oplei met die oog op ‘n finale aanslag op Dingaan en sy Zoeloes.

 

Intussen is die vrouens, bejaardes en kinders na Zooilaer naby Estcourt geneem waar dit veiliger was. Binne ‘n paar dae het Pretorius met 468 mans en 64 waens uitgetrek in die rigting van die Zoeloes met die oog daarop om hulle te gaan aanval.

Alle lede van die kommando het deurentyd intensiewe lesings oor dissipline, Christelike gedrag, ordentlikheid, integriteit, meelewing en moed ontvang. Sarel Celliers — hul prediker — het baie sterk aangedring op godsdienstige gebruike soos oggend- en aandgodsdiens waartydens alle mans moes kniel.

Elke nag is laer getrek, wagte uitgesit, inspeksies gehou en verdedigingsvaardighede geoefen. Verkenningspatrollies is gereeld uitgestuur om inligting oor die

Zoeloebewegings oor te dra asook om hulle van moontlike gevare te vergewis.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.