Jochemus Johannes Prinsloo (D4)

Daar is baie min oor hierdie direkte voorouer bekend behalwe dat hy ook ‘n grensboer in die omgewing van Somerset-Oos was. Hy het ook tot ‘n mindere mate aan die Slagtersnek-rebellie saam met sy broers deelgeneem.

Jochemus Johannes Prinsloo was die jongste seun van Willem die Oue en is op 13/10/1754 op hul plaas naby die huidige Somerset-Oos gebore. Hy is op 11/11/1781 met Elizabeth Johanna Erasmus getroud. Uit die huwelik is 9 seuns en 3 dogters gebore, naamlik:

              Joachem Johannes Prinsloo (30/03/1783)

  • Maria Elizabeth Prinsloo (25/12/1784) Petrus Johannes Prinsloo (22/02/1787)
  • Hendrik Petrus Prinsloo (13/11/1788)

              Willem Prinsloo (16/08/1789)

              Martinus Lourens Prinsloo (10/02/1793)

  • Willem Petrus Prinsloo (01/01/1797)
  • Daniel Jacobus Prinsloo (16/09/1798)
  • Martha Louise Prinsloo (18/11/1801) Barend Nicolaas Prinsloo (21/05/1804)

              Nicolaas Prinsloo (02/10/1809)

  • Johanna Elizabeth Prinsloo (geboortedatum onbekend)

Dit word vermoed dat die voornaam “Erasmus” van die name “Erasmus Daniel” in latere geslagte voortgespruit het uit die vernoeming van die stammoeder Elizabeth Johanna Erasmus.

Jochemus Johannes Prinsloo is op 27/06/1825 oorlede en vermoedelik op sy plaas begrawe. Die geboorte- en sterfdatum van sy vrou Johanna is nie bekend nie.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.