Die “groot oorlogsvolk”, die Zoeloes

Shaka het in 1815 in Zoeloeland aan bewind gekom nadat hy as krygsowerste nuwe vegsmetodes en die nuwe wapen, die kortsteel assegaai, as Impileier ingestel het. Hy het die Zoeloes as ‘n werklik groot oorlogsvolk gevestig. Alle volwasse Zoeloemans is opgelei. Hy het ‘n totale oorlog van stapel gestuur wat groot dele van die hedendaagse Vrystaat en Transvaal onbewoond gelaat het. Dit het tot die uitwissing van honderde stamme gelei. Veral tussen 1820 en 1824 het Shaka (bekend as die swart Napoleon) honderde stamme met hul krale in dele van Suid-Afrika uitgewis.

Hy het sy Impi’s afgerig om as ‘n eenheid, in die vorm van ‘n beeshoring, te veg. Die beeshoring sluit dan omsingelend om die vyand toe en aanvalle word dan van alle kante gelyktydig gedoen. Die mees ervare Impi’s was op die voorgrond om te

“deurboor” en die jonger Impi’s was agter hulle om die vyand te omsingel. Zoeloes is opgelei om “in te gaan en dood te maak”. Shaka, die Zoeloekoning en grondlegger van die Zoeloes, is in 1828 egter in sy slaap deur onder andere sy halfbroer Dingaan, doodgesteek.

In hierdie stadium was die Zoeloe-lmpi’s reeds ‘n hoogs opgeleide, gedissiplineerde, ervare en gevestigde mag. Dit is waarteen die Voortrekkers te staan sou moes kom.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.