Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter ‘n digte mis oor die terrein en hulle was bevrees dat die buskruit vir die voorlaers en kanonne sou klam word. Die mis het egter skielik begin lig en ‘n perfekte dag sonder wolke of wind het gebreek. Die 15 tot 20 000 Zoeloes het skielik met geraas tot die aanval oorgegaan en die laer bestorm. Die kanonne het bane Zoeloes weggevee en die akkurate skietvermoëns van die Trekkers het geen teikens gemis nie. Die buskruit het geen probleme gegee nie! Linies op linies Zoeloes het aanhoudend aangeval maar is telkens afgemaai. Hulle kon nie deurdring tot in die laer nie. ‘n Massa Zoeloes het probeer om die agterkant van die laer deur die donga te bestorm, maar Sarel Celliers het sy manne gelei om hulle af te sny.

Die voorlaaiers het met tye gevaarlik warm begin word, maar gelukkig nie die buskruit aan die brand gesteek nie. Die strategiese plasing van die waens het die Zoeloes grensloos gefrustreer. Hoe nader hulle aan die waens gekom het, hoe meer was hulle op mekaar getonnel deur die donga en die rivier, totdat hulle oormekaar en oor hul gesneuweldes gestruikel of geval het. Dit het hulle aanvalsbeweeglikheid wat hulle nodig gehad het aansienlik vertraag. Hul verliese het enorm geraak sonder

dat hulle iets kon vermag. Nog nooit in die ervaring van hierdie krygsmanne het so iets met hulle gebeur nie.

Na ‘n tyd het Andries Pretorius ‘n tempovermindering in die geveg aangevoel waarna hy ‘n stormloop op perde in die middel van die Zoeloes gelei het. Die Kommando het dus van verdediging na aanval oorgegaan. Vir die eerste keer in die Zoeloes se geskiedenis het die Impi’s in alle rigtings op vlug gestaan. Die beeshoring formasies en eenheid van die Zoeloes waarop hulle hul strategie gebou het, is finaal verbreek. Toe die son sak, het die uitgeputte kommandolede teruggekeer laer toe en ‘n dankdiens gehou waarna hulle die eerste keer die dag geëet het.

Andries Pretorius na die Gelofte

Die Ncomorivier se water was rooierig van bloed — vandaar die nuwe naam van hierdie rivier nl. Bloedrivier. Na raming en volgens sekere geskrifte wil dit voorkom dat 3 000 Zoeloes gesneuwel het. Aan kommandokant is daar slegs 3 kommandolede beseer, onder andere Andries Pretorius wat ‘n assegaaiwond aan sy hand opgedoen het.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.