Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy afsterwe in 1898 het hy 18 eiendomme, 13094 pond sterling kontant en 693 pond sterling se waarde aan roerende eiendom aan sy weduwee, 8 kinders en 1 kleinseun nagelaat. Hy het die volgende eiendomme besit: (let op dat die huidige landdrosdistrikte van Brits,

Cullinan en Bronkhorstspruit destyds deel van Pretoria-distrik was. Die bosveldplase was almal in cullinan en Brits omgewing.

Eiendom: Aktenommer: Waarde in Pond:
Tweedracht No.68, Distrik Pretoria 700.00
Erf nr. 131 Pretoria 700.00
Gedelte Rooipoort No.239, Distrik Pretoria 400.00
Boschpoort No.81, Distrik Waterberg 100.00
Gedeelte Lusthof No.480, Distrik Pretoria 400.00
Zorgvliet No.254, Distrik Pretoria
Helfde van Boekenhoutskloof No.255, Distrik Pretoria 300.00
Gedeelte Witpoort No.276, Distrik Pretoria 500.00
Helfde van Rooibank No.335, Distrik Pretoria 800.00
Twee dele van Welgevonden No.385, Distrik Pretoria
Kaalfontein No.402, Distrik Pretoria
Gedeelte Haakdoornfontein No.492, Distrik Pretoria Onbekend
Kromdraai No.577, Distrik Pretoria Onbekend
La Rochelle No.512, Distrik Pretoria Onbekend
Blesbokfontein No.165, Distrik Middelburg 2200.00
Gedeelte Klipplaat No.165, Distrik Middelburg 900.00
Gedeelte Elandsfontein (nou Cullinan) No.85, Distrik Pretoria 570.00
Gedeelte Rooipoort No.239, Distrik Pretoria 265.00

Die afhandeling van die boedel het geskied volgens die egpaar se bepalings in hul gesamentlike testament van 19/10/1897. Willem se roerende eiendom het die mees elementêre gebruiksvoorwerpe soos ‘n bed en ‘n klerekas ingesluit, asook weelde artikels bv. ‘3 huisklokke’, ‘5 goude horlogies’ en ‘3 zilwer horlogies’.

Die bemaking van eiendomme word, waar bekend, in Deel V bespreek.

Na Willem Petrus Prinsloo se dood in 1898 het sy vrou Johanna Maria op die plaas Zorgvliet aangebly en sy is op 11/06/1919 in die ouderdom van 96 jaar en 10 maande aldaar oorlede en begrawe.

 

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.