Gedurende die begin van die 1850s, het Willem sy beroep van grootwildjagter begin beoefen. Jagtogte kon weke en soms maande lank duur. Die jagters het transportwaens op hul ekspedisies saamgeneem om die jagprodukte soos velle, biltong en ivoor, na handelsmarkte te vervoer. Normaalweg is hierdie produkte vir ander gebruiks- en verbruiksitems geruil. Willem het veral hom op ivoor toegespits en sy ivoor by Durban of Lourenco Marques vir kontant verkoop.
In 1851 het Willem so ‘n tog na die Ngami-meer (in die hedendaagse Botswana) meegemaak.
Die leier van die geselskap was Jan Viljoen, ‘n kennis uit Willem se verblyftyd by Winburg. Martinus Swartz en Petrus Jacobs het ook saamgegaan. Na bewering het hulle die Victoria waterval bereik lank voordat David Livingston dit in 1855 amptelik ‘ontdek’ het. Tipies van die Engelse, het Livingston later beweer dat die geselskap wapens en ammunisie aan die inboorlinge verhandel het! Wat waar is, is dat die jagters wel op goeie voet met die inboorlinge was en ook toestemming van hulle gehad het om in die gebied te mag jag. (Later jare toe Willem reeds oud was, het hy weer die Ngami-meer besoek).
Met die inkomste uit ivoor was Willem in staat om mettertyd twee Plase te koop. Aanvanklik het hy die plaas Lusthof, langs die Pienaarsrivier gekoop, waar hy en sy gesin asook sy vader woonagtig was. Hy het later die plaas Modderfontein bygekoop. Modderfontein was tussen die hedendaagse Springs en Benoni geleë. Hy het in hierdie stadium (ongeveer 1873) opgehou jag en hom op hierdie plaas gevestig met die oog om ‘n stiller lewe te lei en daarop te boer. Hy het Modderfontein op 31/01/1873 by E.M.K. Struben vir driehonderd pond sterling gekoop.
Ongeveer 15 jaar later (1887) is goud op die plaas ontdek. Volgens oorlewering van tant Sarie Wassenaar (II), het die prospekteerders aanvanklik goud in van die klippe waarmee die kraalmuur gebou was gewaar, waarna hulle met erns begin prospekteer het. Alhoewel mynmaatskappye hom genader het om die plaas te verkoop, het hy botweg geweier. Geld was nie vir hom belangrik gewees nie en sy rus en vrede op sy plaas met sy vrou was vir hom meer as enige geld werd.
Willem het mettertyd onder die druk geswig (kyk ook deel IV) en op 19/06/1894 (vier jaar voor sy dood), die plaas Modderfontein aan ‘De Modderfontein Restante Syndicaat’ vir 21 000 pond sterling, 40 000 aandele en een melkkoei (Makbees) verkoop. Hy het dus 20 700 pond sterling wins op hierdie plaas gemaak. Ander bronne noem die bedrag van 55 000 pond sterling en die maatskappy as ‘Herman, Eckstein en Kie’. Ongeag watter bron korrek is, is die feit dat hy teen hedendaagse geldwaardes miljoene rande wins gemaak het. Tydens eersgenoemde transaksie het sy oudste seun Lang Willem en meneer Lionel Phillips as agente opgetree. Die betaling het in ‘n Johannesburgse bank geskied waar genoemdes teenwoordig was. Die goue ponde was in dertig sakkies geplaas, maar die agente het aangedring dat dit fisies voor hulle getel moes word!
Die skielike rykdom het geen invloed op Willem Wragtag gehad nie. Hy het nie uitspattige luukshede gekoop en ‘n verhewe sin van ‘ek is ryk’ geopenbaar nie. Sy optrede, godsdienstigheid, lewenswyse en lewensuitkyk het dieselfde gebly. Hy was steeds streng maar nie suinig nie. Hy het volgens oorlewering ruimskoots geld aan sy kinders gegee indien hy gedink het dit is nodig en slegs wanneer ‘n kind dit werklik nodig gehad het.
Aanvanklik het hy sy geld aan Standard Bank in Johannesburg toevertrou, maar later uit wantroue in die stabiliteit van die bankwese, ten tye van die Eerste Vryheidsoorlog, al sy geld onttrek, die bankbestuurder se smekinge en versekerings ten spyt. Tuis het hy dit volgens oorlewering in die voorhuis gehou in die nabyheid van ‘n gelaaide geweer. Ander bronne vermeld dat sy seuns snags beurte gemaak het om die geld op te pas.
Die meeste van die geld het hy in eiendom herbelê en Plase gekoop sodat hy dit aan sy kinders kon nalaat. Hy het ook in Oktober 1889 die plaas Kaalfontein (2802 morg) uit die boedel van Frederick Willem Munroe gekoop en soontoe verhuis. Hy het ‘n kort rukkie daar gewoon en toe na die plaas Zorgvliet, ten suide van die huidige Bronkhorstspruit (destyds Erasmus) verhuis. Die plaas het hy reeds in 1887 van Frederik Hendrik Geyser gekoop.
Die boere van daardie tyd het Plase in die Hoëveld sowel as die Bosveld gehad. Winterweiding vir die vee was skaars op die Hoëveld aangesien die gras doodryp. Die boere het gevolglik herfstyd met hulle vee na die Bosveld getrek. Willem het ook Bosveldplase gekoop en sy hele gesin was ook, soos die gebruik was, by so ‘n trek betrokke. Die dogters moes die skape en die seuns die beeste aanja en versorg. Hulle onderwyser het gewoonlik saam met hulle getrek.
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) se gesondheid het mettertyd baie versleg. Hy het veral erge las van jig gehad. Dit was vir hom te ver om die warmwaterbronne by Warmbad, wat wel vir hom verligting gegee het, te besoek. Hy het gevolglik ‘n groot houtbad laat maak en dit gereeld met warm klippe en water gevul om sodoende ‘n ‘natuurlike’ warmwaterbad te maak.
Ten spyte van rykdom, pyn en lyding, het Willem se geloof in sy Skepper nie verswak nie. Die oggend van 20 Augustus 1898 het hy van sy familie afskeid geneem en op die ouderdom van 78 jaar gesterf. ‘n Week tevore het hy reeds besluit dat Psalms 89:19 en 103:8 op sy begrafnis en Psalm 72:1 by sy graf gesing moes word. Die voorlesing moes uit Job 14 kom, waar Job vir God vra om verlos te word van sy lyding. Die begrafnis het op sy plaas Zorgvliet plaasgevind, waar hy sy laaste jare deurgebring het. Sy doodsberig in ‘De Volkstem’ van Pretoria op 27/08/1898 lui:
“aan vriendin en bloedverwanten wordt bekend gemaakt dat het den Almachtegen God van Leven en Dood behaagt heeft, om mijn teeder beminden echtgenoot Willem Petrus Prinsloo uit den tijd naar de eeuwigheid weg te nemen, op den 20e Augustus 1898, in den ouderdom van 78 jaar, 6 maanden en 1 dag”.
Dit word ook in die berig vermeld dat hy lid van die Mahoempa-kommando was — moontlik die kommando onder Paul Kruger wat in 1858 uitgestuur is om teen Mahara, ‘n kaptein van die Tlhaping, op te tree.
In ‘n doodsberig wat in “The Pretoria News” verskyn het, is Willem Prinsloo as ‘n onverskrokke jagter en een van die rykste Transvalers beskryf. Daar word 00k vermeld dat hy respek van sy landsgenote geniet het, wat ‘n aanduiding van sy eerbare karakter was.
Our Blog
Latest Articles
Inleiding
Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...
Adriaan Gerritzoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu)
Adriaan Gerritzoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu) Inleiding Daar is baie min...
Adriaan Gerritzoon Prinsloo (A)
Gedurende 1679 het Simon van der Stel goewerneur van 'De Kaap' geword met die opdrag van die...
Nicolaas Prinsloo (32)
Aangesien Nicolaas Prinsloo se broer en susters kinderloos gesterf het, kan hy in der waarheid as...
Willem Prinsloo “Willem die Oue” (C4)
Die periode wat Willem Prinsloo geleef het, word gekenmerk deur aanhoudende probleme met die...
Marthinus Prinsloo (D2)
Die geskiedenis van die "D-geslag" (Willem die Oue se kinders), word vir agtergrondsdoeleindes...
Hendrik Frederick Prinsloo (Dl)
Hendrik Frederick Prinsloo was die tweede seun van Willem die Oue en is op 04/07/1746 gebore. Dit...
Hendrik Frederick Prinsloo (E13)
Hendrik Frederick Prinsloo Jnr se geboortedatum is onbekend. Hy was getroud met een van sy...
George Diederick Petrus Prinsloo (E14) en Willem Jacobus Prinsloo
Hendrik Frederick Prinsloo (Dl), was ook die vader van George Diederick Prinsloo (geboortedatum...
Nicolaas Prinsloo (D3)
Nicolaas Prinsloo was die oudste seun van Willem die Oue en is op 25/08/1743 gebore. Hierdie is...
Jochemus Johannes Prinsloo (D4)
Daar is baie min oor hierdie direkte voorouer bekend behalwe dat hy ook 'n grensboer in die...
Willem Petrus Prinsloo “Willem Spreeu” (E7)
illem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu) se geskiedenis strek vanaf die tydperk toe hy 'n boer in...
Willem Prinsloo (D7)
Willem Prinsloo was die derde seun van Willem die Oue en is op 25/12/1749 gebore. Dit is onbekend...
Maria Elizabeth Prinsloo (E15)
Maria Elizabeth Prinsloo was een van die kinders (die ander onbekend) van Willem Prinsloo (D7) en...
Die “groot oorlogsvolk”, die Zoeloes
Shaka het in 1815 in Zoeloeland aan bewind gekom nadat hy as krygsowerste nuwe vegsmetodes en die...
Pet Retief en geselskap se moord
Piet Retief het beplan om na Dingaan te gaan met 'n traktaat waarvolgens toestemming verleen sou...
Blaauwkrantz-moordslagting
Dieselfde middag, Dinsdag 06/02/1838, moes eerwaarde Owen toekyk hoe Dingaan 'n reuse mag in die...
Die koms van Andries Pretorius
Nie baie lank na die Blaauwkrantz-moordslagting, is Gerrit Maritz skielik oorlede. Die afsterwe...
Die Gelofte
Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...
Voorbereiding
Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...
Veldslag
Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...
Gevolge van die veldslag
Na die slag van Bloedrivier is die mag van die Zoeloes finaal verbreek en burgeroorlog het tussen...
Wonderwerke
God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...
Die Slag van Bloedrivier en die nageslag
Hierdie veldslag sou beslis nie deur die Voortrekkers gewen kon word sonder die ingryping van ons...
Lewensgeskiedenis tot en met die Slag van Bloedrivier
Soos reeds in Deel I genoem, is Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu), op 04/10/1819 getroud met...
Lewensgeskiedenis tot Willem Wragtag se vestiging in Pretoria
Gedurende 1841, nadat Port Natal deur die Britse magte beset is, het Willem Spreeu en sy gesin...
Nalatenskap
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...
Kinders
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...
Verdere geskiedkundige agtergrond
Willem het volgens die navorsing en geskrifte oor hom, hom nie veel aan politieke en staatkundige...
Kort agtergrondskets van Johanna Maria de Lange
Volgens aanduidings is Johanna Maria de Lange, vrou van Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag),...
Die De Langes wil trek
Tydens die aanvang van die Groot Trek was die netelige kwessie wat elke egpaar gehad het, of hulle...
Onverskrokke Willem
Willem Wragtag se groot liefde was om te jag. Waar Pretoria vandag geleë is, was roofdiere in die...
Jolyt in Pretoria
Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...
Dapper Willem
Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...
Onderonsie met buffel
Die jagveld het Willem ook nie genadiglik behandel nie. Nadat hy op 'n keer 'n buffel gekwes het,...
Willem die vermiste
Volgens oorlewering word vertel dat Willem op een van sy jagtogte — iewers onbekend — teen...
Willem en die Goud Jagters
Willem Wragtig (rees) en Lang Willem tydens die goudstormloop Toe goud op Willem se plaas...
Willem en die droëperskes
Met die ontdekking van gouddraende erts op Willem se plaas Modderfontein, word dit verhaal dat...
Die spitgraaf
Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...
Willem en Sir Thomas Cullinan
Dit word vertel dat, nadat Willem die Modderfontein plaas verkoop het, hy onder andere die Plase...
Die verhaal van Makbees
(Wat nou volg, is alles 'n direkte aanhaling van 'n toespraak van wyle B.J. Prinsloo, bekend as...
Inleiding
FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...
Willem Petrus Prinsloo “Lang Willem” (G4)
Met die totstandkoming van die Willem Prinsloo Landboumuseum deur grondskenking van tant Miertjie...
Maria Elizabettha Prinsloo (G3)
Maria Elizabettha Prinsloo, ook bekend as 'tannie Beth' is op 14/12/1845 op die plaas Deelkraal...
Jochemus Johannes Prinsloo (G6)
Jochemus Johannes Prinsloo is in 1855 gebore en in 1926 oorlede. Sy bynaam was 'oom Rooi Joggem'....
Johanna Maria PRinsloo (G1)
Johanna Maria Prinsloo is op 22/06/1842 gebore. Haar huwelikstaat is onbekend en geen inligting...
Erasmus Daniel Jacobus Prinsloo (G2)
Daar is nie veel oor Erasmus Daniel Jacobus Prinsloo bekend nie. Die naam en geboortedatum van sy...
Petronella Aletta Prinsloo (G7)
Petronella Aletta Prinsloo is op 01/01/1847 gebore en op 22/08/1914 oorlede. Al wat van haar...
Martha Louise Prinsloo
Martha Louise Prinsloo se geboorte en sterftedatums is onbekend maar sy was getroud met Boy van...
Barendlina Hendrika Prinsloo (G9)
Barendlina Hendrika Prinsloo, ook bekend as 'tannie Bernien', is op 22/7/1853 gebore en op...
Ready to Make a Change?
Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.