Maria Elizabeth Prinsloo (E15)

Maria Elizabeth Prinsloo was een van die kinders (die ander onbekend) van Willem Prinsloo (D7) en is op 16/10/1791 gebore. Sy was aanvanklik met een van haar vader se broerskinders, naamlik Hendrik Frederick Prinsloo se seun met dieselfde naam (E13) getroud. Die huweliksdatum is nie bekend nie. Soos reeds beskryf, is Hendrik weens sy aandeel in die

Slagtersnek-rebellie tereggestel. Uit hierdie huwelik blyk dit dat die volgende kinders gebore is, maar die geboortedatums is nie bekend nie:

  • Maria Elizabeth Prinsloo

             Martinus Lourens Prinsloo

  • Maria Margaretha Elizabeth Prinsloo

             Martha Louisa Prinsloo

Na die afsterwe van haar eerste man/neef op 09/03/1816, is sy weer met ‘n ander broerskind van haar vader, nl. Willem Petrus Prinsloo ‘Willem Spreeu’ (E7) getroud. Uit hierdie huwelik is 5 kinders gebore (verwys na Willem Spreeu hieronder). Dit is onseker wanneer sy oorlede is, maar dit was egter voor Willem Spreeu se afsterwe in 1878. Hierdie stoere Voortrekkervrou is iewers naby Pretoria begrawe.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.