(Wat nou volg, is alles ‘n direkte aanhaling van ‘n toespraak van wyle B.J. Prinsloo, bekend as oom Ben, by die opening van die Willem Prinsloo Landboumuseum. Hierdie inligting is grootliks in Deel III ingewerk).
Oom Ben Prinsloo
“Die woord of naam ‘Makbees’ is alombekend en dui ‘n diersoort aan wat deur die mens getem is. Hier het ons egter te doen met ‘n spesifieke bees wat die naam gedra het en is dus ‘n eienaam. In die onderhawige geval was dit die naam van ‘n melkkoei wat behoort het aan Willem Petrus Prinsloo na wie die Kultuur Historiese Landbou Museum vernoem is.
Maar waar kom hierdie enigsins ongewone naam vandaan? Om dit te verhaal sal ek u ‘n stukkie van die lewensgeskiedenis van Willem Petrus Prinsloo moet meedeel.
42
Laat ek eers net noem dat hierdie Willem Petrus my grootoupa aan vaderskant was. Volgens vroëre gebruike moes een of meer kleinkinders wanneer nodig op versoek van ‘n oupa, by oupa en ouma vir kort of langer tye gaan bly om ligte stuurtakies te verrig. so het grootoupa sy seun met dieselfde naam (Miertjie Ie Roux se oupa) van die plaas Kaalfontein en sy seun Barend Jacobus van die plaas Tweedracht (my oupa) versoek om eersgenoemde se seun Willem Petrus (Miertjie se vader) en laasgenoemde se seun Louwrens Johannes (my vader) met tye by hulle (grootouers) te laat bly.
Baie van die verhale oor en om Willem Petrus Prinsloo is deur genoemde twee kleinkinders uit sy mond verneem. Wat nou volg is deur my vader LJ aan my meegedeel.
Grootoupa was by uitstek ‘n groot wild jagter. Hy was as seun ‘n boesem vriend van Piet Retief se seun, Klein Piet. Hy was dus trekkerskind en gewoond aan die wye oop vlaktes met al sy gevare insluitende dié van wilde diere. Hy het die natuur lewe geken en was vaardig met sy geweer.
As jong man — na sy huwelik met Johanna de Lange — het hy met sy eggenote hulle op die plaas Lusthof in die omgewing van die Pienaarsrivier gevestig. Die vryheidsdrang en jagterslus het egter by hom gebly sodat hy hom hoofsaaklik om jag toegespits het. In hierdie tyd was die wêreld nog wyd ope en het sy jagtogte gegaan sover as die destydse Suid- en Noord Rhodesië. Op hierdie togte is biltong gemaak, velle gebrei waaruit rieme gesny is, stroppe gedraai, swepe gevleg, olifante geskiet vir ivoor, ens. so ‘n jagtog het etlike maande geduur en wanneer hulle — want hulle was gewoonlik ‘n paar boere met waens — dan terugkeer, het grootoupa, na sy osse goed gerus het, met sy waens na Pietermaritzburg vertrek, waar hy sy produkte verkoop het en voorrade huishoudelike ware e.a. benodighede weer aangekoop het.
Met geld hoofsaaklik aldus bymekaar gemaak, het hy die plaas Modderfontein in die nabyheid van die teenswoordige Springs gekoop en daar gaan woon. Vir hoe lank hy en sy gesin daar gewoon het, het my nou ontgaan, dog dit was nie vir baie lank nie toe goud op die plaas ontdek is en hy genader was om dit te verkoop. Hy wou eers nie maar is deur vriende gewaarsku dat indien hy volhard daar moontlik op slinkse wyse gif in sy kos of water gegooi kon word.
Dit het toe ook so gebeur dat die maatskappy wat belang gestel het, met alle goeie bedoelings, ‘n kissie droë vrugte aan hom gestuur het, maar gedagtig wat aan hom gesê was, het hy die kissie met vrugte net so in ‘n naby geleë droë put laat gooi.
As gevolg van heelwat druk wat op hom uitgeoefen is, het hy later besluit om maar te verkoop vir ‘n aangebode prys van vyftigduisend pond maar met die voorbehoud dat daar nog ‘n deur hom goedgekeurde mofkoei (melkkoei) by die prys gevoeg word. Dit is toe ook so aanvaar.
Die geld is deur hom hoofsaaklik weer in grond belê sodat met sy afsterwe daar 19 Plase en een erf in Pretoria op sy boedel was.
Een van hierdie Plase was in gedeelte van die plaas waar die huidige Cullinan Diamantmyn op geleë is. Die Cullinan diamant is op sy deel gevind en hierdie grond is later verkoop vir 100 000 pond. ‘n Ander plaas is Kaalfontein waar hy ‘n tydperk gewoon het in die ou woonhuis wat ingesluit is by die grond wat Miertjie Ie Roux aan die Museum Raad geskenk het.
Willem het ook nie baie lank hier op Kaalfontein gebly nie, toe hy na ‘n ander plaas van hom, nl. Sorgvliet — suid van Bronkhorstspruit — getrek het, waar hy oorlede en begrawe is.
Maar om terug te kom na die ‘mofkoei’ as deel van die koopprys. Dié het hy aan sy vrou
Johanna wat hy die liefnaam ‘Juffrou’ gegee het, geskenk. Sy het haar (die mofkoei) die naam ‘Makbees’ gegee. Sy was so mak dat wanneer sy op die naam geroep is, sy na die kombuis gekom het waar grootouma haar dan ‘n sny botter-en-brood met soms konfyt ook op, gegee het.
Dit is die kortverhaal van ‘Makbees’. Toe ek gevra is om in my privaat hoedanigheid op die advieskomitee te dien het ek, behalwe ‘n paar basterskape, ook ‘n frieskoei aan die Willem Prinsloo Landbou Museum geskenk; hierdie verhaal meegedeel met ‘n vriendelike versoek dat hierdie frieskoei (mofkoei) die naam ‘Makbees’ sal dra en daarmee die verhaal, sal voortlewe as Kultuur Historiese besit.
Tant Miertjie Ie Roux, skenker van die Willem
Prinsloo Landbou Museum
Our Blog
Latest Articles
Inleiding
Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...
Adriaan Gerritzoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu)
Adriaan Gerritzoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu) Inleiding Daar is baie min...
Adriaan Gerritzoon Prinsloo (A)
Gedurende 1679 het Simon van der Stel goewerneur van 'De Kaap' geword met die opdrag van die...
Nicolaas Prinsloo (32)
Aangesien Nicolaas Prinsloo se broer en susters kinderloos gesterf het, kan hy in der waarheid as...
Willem Prinsloo “Willem die Oue” (C4)
Die periode wat Willem Prinsloo geleef het, word gekenmerk deur aanhoudende probleme met die...
Marthinus Prinsloo (D2)
Die geskiedenis van die "D-geslag" (Willem die Oue se kinders), word vir agtergrondsdoeleindes...
Hendrik Frederick Prinsloo (Dl)
Hendrik Frederick Prinsloo was die tweede seun van Willem die Oue en is op 04/07/1746 gebore. Dit...
Hendrik Frederick Prinsloo (E13)
Hendrik Frederick Prinsloo Jnr se geboortedatum is onbekend. Hy was getroud met een van sy...
George Diederick Petrus Prinsloo (E14) en Willem Jacobus Prinsloo
Hendrik Frederick Prinsloo (Dl), was ook die vader van George Diederick Prinsloo (geboortedatum...
Nicolaas Prinsloo (D3)
Nicolaas Prinsloo was die oudste seun van Willem die Oue en is op 25/08/1743 gebore. Hierdie is...
Jochemus Johannes Prinsloo (D4)
Daar is baie min oor hierdie direkte voorouer bekend behalwe dat hy ook 'n grensboer in die...
Willem Petrus Prinsloo “Willem Spreeu” (E7)
illem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu) se geskiedenis strek vanaf die tydperk toe hy 'n boer in...
Willem Prinsloo (D7)
Willem Prinsloo was die derde seun van Willem die Oue en is op 25/12/1749 gebore. Dit is onbekend...
Maria Elizabeth Prinsloo (E15)
Maria Elizabeth Prinsloo was een van die kinders (die ander onbekend) van Willem Prinsloo (D7) en...
Die “groot oorlogsvolk”, die Zoeloes
Shaka het in 1815 in Zoeloeland aan bewind gekom nadat hy as krygsowerste nuwe vegsmetodes en die...
Pet Retief en geselskap se moord
Piet Retief het beplan om na Dingaan te gaan met 'n traktaat waarvolgens toestemming verleen sou...
Blaauwkrantz-moordslagting
Dieselfde middag, Dinsdag 06/02/1838, moes eerwaarde Owen toekyk hoe Dingaan 'n reuse mag in die...
Die koms van Andries Pretorius
Nie baie lank na die Blaauwkrantz-moordslagting, is Gerrit Maritz skielik oorlede. Die afsterwe...
Die Gelofte
Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...
Voorbereiding
Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...
Veldslag
Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...
Gevolge van die veldslag
Na die slag van Bloedrivier is die mag van die Zoeloes finaal verbreek en burgeroorlog het tussen...
Wonderwerke
God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...
Die Slag van Bloedrivier en die nageslag
Hierdie veldslag sou beslis nie deur die Voortrekkers gewen kon word sonder die ingryping van ons...
Lewensgeskiedenis tot en met die Slag van Bloedrivier
Soos reeds in Deel I genoem, is Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu), op 04/10/1819 getroud met...
Lewensgeskiedenis tot Willem Wragtag se vestiging in Pretoria
Gedurende 1841, nadat Port Natal deur die Britse magte beset is, het Willem Spreeu en sy gesin...
Verdere geskiedenis
Gedurende die begin van die 1850s, het Willem sy beroep van grootwildjagter begin beoefen....
Nalatenskap
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...
Kinders
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...
Verdere geskiedkundige agtergrond
Willem het volgens die navorsing en geskrifte oor hom, hom nie veel aan politieke en staatkundige...
Kort agtergrondskets van Johanna Maria de Lange
Volgens aanduidings is Johanna Maria de Lange, vrou van Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag),...
Die De Langes wil trek
Tydens die aanvang van die Groot Trek was die netelige kwessie wat elke egpaar gehad het, of hulle...
Onverskrokke Willem
Willem Wragtag se groot liefde was om te jag. Waar Pretoria vandag geleë is, was roofdiere in die...
Jolyt in Pretoria
Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...
Dapper Willem
Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...
Onderonsie met buffel
Die jagveld het Willem ook nie genadiglik behandel nie. Nadat hy op 'n keer 'n buffel gekwes het,...
Willem die vermiste
Volgens oorlewering word vertel dat Willem op een van sy jagtogte — iewers onbekend — teen...
Willem en die Goud Jagters
Willem Wragtig (rees) en Lang Willem tydens die goudstormloop Toe goud op Willem se plaas...
Willem en die droëperskes
Met die ontdekking van gouddraende erts op Willem se plaas Modderfontein, word dit verhaal dat...
Die spitgraaf
Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...
Willem en Sir Thomas Cullinan
Dit word vertel dat, nadat Willem die Modderfontein plaas verkoop het, hy onder andere die Plase...
Inleiding
FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...
Willem Petrus Prinsloo “Lang Willem” (G4)
Met die totstandkoming van die Willem Prinsloo Landboumuseum deur grondskenking van tant Miertjie...
Maria Elizabettha Prinsloo (G3)
Maria Elizabettha Prinsloo, ook bekend as 'tannie Beth' is op 14/12/1845 op die plaas Deelkraal...
Jochemus Johannes Prinsloo (G6)
Jochemus Johannes Prinsloo is in 1855 gebore en in 1926 oorlede. Sy bynaam was 'oom Rooi Joggem'....
Johanna Maria PRinsloo (G1)
Johanna Maria Prinsloo is op 22/06/1842 gebore. Haar huwelikstaat is onbekend en geen inligting...
Erasmus Daniel Jacobus Prinsloo (G2)
Daar is nie veel oor Erasmus Daniel Jacobus Prinsloo bekend nie. Die naam en geboortedatum van sy...
Petronella Aletta Prinsloo (G7)
Petronella Aletta Prinsloo is op 01/01/1847 gebore en op 22/08/1914 oorlede. Al wat van haar...
Martha Louise Prinsloo
Martha Louise Prinsloo se geboorte en sterftedatums is onbekend maar sy was getroud met Boy van...
Barendlina Hendrika Prinsloo (G9)
Barendlina Hendrika Prinsloo, ook bekend as 'tannie Bernien', is op 22/7/1853 gebore en op...
Ready to Make a Change?
Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.