Blaauwkrantz-moordslagting

Dieselfde middag, Dinsdag 06/02/1838, moes eerwaarde Owen toekyk hoe Dingaan

‘n reuse mag in die rigting vanwaar Retief gekom het, uitstuur.

In die vroeë oggend van 17/02/1838 het ongeveer 10 000 Zoeloekrygers die slapende Voortrekkers tussen die Boesmans- en Blaauwkrantzriviere aangeval. Die Trekkers is deur hul blaffende honde gewek. Golf na golf, het die Zoeloekrygers mans en kinders — hele families — uitgemoor. Sarel Celliers en Gerrit Maritz het stormaanvalle geloods, maar kon nie veel vermag nie. Vroue en kinders, sommige so jonk as 10 jaar, het verwoed om oorlewing geveg. Die Zoeloes het ook die waens aan die brand gesteek. Die geveg het tot die middag geduur toe die Zoeloes ten einde laaste met ongeveer 25 000 stuks lewende hawe soos perde, beeste en skape as buit teruggetrek het.

 

Dit is van selfsprekend dat daar ander Prinsloos by hierdie groep Voortrekkers was, want dit is bekend dat Catharina Prinsloo met 21 assegaaisteke nog lewendig tussen die verbrande waens uitgehaal is.

Honderde Zoeloes is in hierdie slag gedood. Toe die Voortrekkers hul eie dooies begin tel, het hulle gerou oor die dood van honderde vroue en kinders. ‘n Dorpie is later op die plek aangelê en Weenen genoem.

Standbeeld van Gerrit Maritz buite die

Voortrekkermuseum in

Pietermariùburs

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.