Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en tussen die Buffels- en Ncomorivier uitgespan. Twee bespieders het berig dat hulle ‘n groot Zoeloemag sowat een en ‘n half uur te voet weg van die laer gesien het. Pretorius het dadelik die terrein verken en ‘n absoluut

 

geskikte terrein (Godgegewe volgens hom) baie naby aan hul huidige terrein gevind. Hy het dadelik die waens geskuif en dit in ‘n D formasie gerangskik.

Aan die westekant van die laer was die Ncomorivier met ‘n diep seekoeigat en aan die suidekant ‘n donga/kloof. Die suidekant en die reguit vlak van die D formasie was teen hierdie donga met water in, geleë. Die semi-sirkel van die D was in die oopte, naamlik wes en noord van die laer.

Die waens is baie stewig aan mekaar vasgemaak met drie gevegsopeninge waar drie kanonne van die Trekkers geplaas is (party bronne vermeld dat daar slegs twee kanonne was). Die beeste was binne in die laer en kerse is oral uitgesit, en lanterns aan lang sweepstokke opgehang ten einde te verhoed dat die Zoeloes die nag die laer ongesiens kan bereik.

Die Zoeloes was reeds binne hoorafstand ten tye van die laaste herhaling van die Gelofte en die sing van Psalms die aand. Hulle kon die spookagtig-verligte laer Sien en die vreemde sang hoor. Om een of ander rede het die Zoeloes hulle weerhou om die nag ‘n aanval te loots. Dit was ‘n spanningsvolle maanlose nag en alle party het vir “eerste lig” gewag.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.