Gedurende 1841, nadat Port Natal deur die Britse magte beset is, het Willem Spreeu en sy gesin weereens die Britse bewind ontwyk en teruggetrek na die Vrystaat en hulle tydelik in Winburg gevestig. Hier het hulle die De Langes raakgeloop wat ou bekendes was en ook waarskynlik van die Bruintjieshoogte omgewing, naby die huidige Somerset-Oos, afkomstig was. Hans Dons de Lange, die broer van Barend de Lange, was betrokke by die slag van Bloedrivier. (Dit wil dus voorkom dat Hans Dons deel van die Maritztrekgeselskap was terwyl sy broer en sy ouers deel van ‘n ander trek was, en dus nie deel het aan die Slag van Bloedrivier nie).
Dit is hier, in Winburg, dat die jonge Willem (toe 21 jaar oud), smoorverlief geraak het op Johanna Maria de Lange wat in 1822 gebore is en op daardie tydstip 19 jaar oud was. Hulle is in dieselfde jaar ook getroud. Sy was die dogter van Barend Jacobus de Lange (ook bekend as
‘Seekoei-oog’), die rustige sagmoedige broer van
Hans Dons de Lange, die vuurvreter. Barend de
Lange se vrou was die vurige Petronella Aletta (nooiensvan onbekend). Volgens oorlewering was Willem se troetelnaam vir sy vrou, dwarsdeur sy lewe, ‘juffrou’.
Willem Prinsfoo
Nog ‘n beroemde skoonfamilielid van Willem Wragtag was Kommandant-Generaal Andries
Pretorius, wat naamlik in 1849 met Johanna de Lange, suster van Petronella Aletta en Johanna Maria, getroud is. Hulle was dus swaers. Dit is onseker of hierdie Andries Pretorius ‘n seun of familielid van Kommandant-Generaal Andries Pretorius, leier van die Voortrekkers in Natal, was. Dit is onwaarskynlik dat dit dieselfde persoon kon wees en dat die rang van Kommandant Generaal by die jonger Andries moontlik ‘n verwarring is.
Direk na Willem Wragtag se huwelik het hy en sy ouers besluit om na Potchefstroom te verhuis.
Hulle het hul by Deelkraal, teen die Mooirivier, gevestig. Willem Wragtag kon egter nie tot rus
kom nie nie want baie kort daarna, die volgende jaar (1842), het hy en sy vrou en baba na die Apiesrivier in die omgewing van die huidige Pretoria verhuis.
Nog steeds rusteloos en onder die invloed van Andries Hendrik Potgieter het Willem in 1843, saam met Potgieter na Ohrigstad in die Oos-Transvaal verhuis, waar ‘n plaas aan hom toegeken is. Andries Hendrik Potgieter was bekend dat hy ‘n onrusstoker was. Dit het ook hier by Ohrigstad gebeur. Daar was voortdurende struweling tussen Potgieter en die leier aldaar, nl. Frans Joubert, met die gevolg dat Andries Hendrik Potgieter noordwaarts na die Soutpansberge getrek het en daar ‘n mini-republiek tot stand gebring het. Willem was ook nie hier by Ohrigstad gelukkig nie en ‘n geweldige haelstorm was die laaste strooi wat hom in 1848 laat besluit het om na die omgewing van die Apiesrivier terug te keer. Twee jaar hierna het nog ‘n mini-republiek by Ohrigstad ontstaan.
Aanvanklik het Willem Wragtag en sy gesin by sy neef Willem Hans Prinsloo uitgespan (waar die voorstad Gezina vandag geleë is). Dit is nie bekend of hierdie neef ‘n seun van Erasmus Daniel (F4), Petrus Barend Nicolaas (F5) of Johannes Jochemus (Fl) was nie. Maar dit dui daarop dat daar ander Prinsloos in daardie stadium in en om Pretoria was.
Willem het egter na sy ouers in Potchefstroom verlang. Hy het met ‘n boodskapper hulle toe gesmeek om na hom te trek. Hulle wou aanvanklik nie, maar na verskeie smekinge het Willem Spreeu aan die versoek voldoen.
Tydens hierdie tydperk in die Pretoria-omgewing het Willem Wragtag as jongman ‘n boerdery in die Moot-omgewing begin. Hy het sosiaal baie interaksie met ander kleinboere in die Pretoria-omgewing gehad en hulle moes dikwels wilde diere doodskiet of verdryf. Dit is ook hier waar hy sy houtwerktalent wat hy by sy vader Willem Spreeu geerf het, beoefen het. Volgens oorlewering het hy onder andere meubels met inlegwerk vir sy vriend Paul Kruger gemaak.
Our Blog
Latest Articles
Inleiding
Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...
Adriaan Gerritzoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu)
Adriaan Gerritzoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu) Inleiding Daar is baie min...
Adriaan Gerritzoon Prinsloo (A)
Gedurende 1679 het Simon van der Stel goewerneur van 'De Kaap' geword met die opdrag van die...
Nicolaas Prinsloo (32)
Aangesien Nicolaas Prinsloo se broer en susters kinderloos gesterf het, kan hy in der waarheid as...
Willem Prinsloo “Willem die Oue” (C4)
Die periode wat Willem Prinsloo geleef het, word gekenmerk deur aanhoudende probleme met die...
Marthinus Prinsloo (D2)
Die geskiedenis van die "D-geslag" (Willem die Oue se kinders), word vir agtergrondsdoeleindes...
Hendrik Frederick Prinsloo (Dl)
Hendrik Frederick Prinsloo was die tweede seun van Willem die Oue en is op 04/07/1746 gebore. Dit...
Hendrik Frederick Prinsloo (E13)
Hendrik Frederick Prinsloo Jnr se geboortedatum is onbekend. Hy was getroud met een van sy...
George Diederick Petrus Prinsloo (E14) en Willem Jacobus Prinsloo
Hendrik Frederick Prinsloo (Dl), was ook die vader van George Diederick Prinsloo (geboortedatum...
Nicolaas Prinsloo (D3)
Nicolaas Prinsloo was die oudste seun van Willem die Oue en is op 25/08/1743 gebore. Hierdie is...
Jochemus Johannes Prinsloo (D4)
Daar is baie min oor hierdie direkte voorouer bekend behalwe dat hy ook 'n grensboer in die...
Willem Petrus Prinsloo “Willem Spreeu” (E7)
illem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu) se geskiedenis strek vanaf die tydperk toe hy 'n boer in...
Willem Prinsloo (D7)
Willem Prinsloo was die derde seun van Willem die Oue en is op 25/12/1749 gebore. Dit is onbekend...
Maria Elizabeth Prinsloo (E15)
Maria Elizabeth Prinsloo was een van die kinders (die ander onbekend) van Willem Prinsloo (D7) en...
Die “groot oorlogsvolk”, die Zoeloes
Shaka het in 1815 in Zoeloeland aan bewind gekom nadat hy as krygsowerste nuwe vegsmetodes en die...
Pet Retief en geselskap se moord
Piet Retief het beplan om na Dingaan te gaan met 'n traktaat waarvolgens toestemming verleen sou...
Blaauwkrantz-moordslagting
Dieselfde middag, Dinsdag 06/02/1838, moes eerwaarde Owen toekyk hoe Dingaan 'n reuse mag in die...
Die koms van Andries Pretorius
Nie baie lank na die Blaauwkrantz-moordslagting, is Gerrit Maritz skielik oorlede. Die afsterwe...
Die Gelofte
Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...
Voorbereiding
Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...
Veldslag
Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...
Gevolge van die veldslag
Na die slag van Bloedrivier is die mag van die Zoeloes finaal verbreek en burgeroorlog het tussen...
Wonderwerke
God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...
Die Slag van Bloedrivier en die nageslag
Hierdie veldslag sou beslis nie deur die Voortrekkers gewen kon word sonder die ingryping van ons...
Lewensgeskiedenis tot en met die Slag van Bloedrivier
Soos reeds in Deel I genoem, is Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu), op 04/10/1819 getroud met...
Verdere geskiedenis
Gedurende die begin van die 1850s, het Willem sy beroep van grootwildjagter begin beoefen....
Nalatenskap
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...
Kinders
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...
Verdere geskiedkundige agtergrond
Willem het volgens die navorsing en geskrifte oor hom, hom nie veel aan politieke en staatkundige...
Kort agtergrondskets van Johanna Maria de Lange
Volgens aanduidings is Johanna Maria de Lange, vrou van Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag),...
Die De Langes wil trek
Tydens die aanvang van die Groot Trek was die netelige kwessie wat elke egpaar gehad het, of hulle...
Onverskrokke Willem
Willem Wragtag se groot liefde was om te jag. Waar Pretoria vandag geleë is, was roofdiere in die...
Jolyt in Pretoria
Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...
Dapper Willem
Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...
Onderonsie met buffel
Die jagveld het Willem ook nie genadiglik behandel nie. Nadat hy op 'n keer 'n buffel gekwes het,...
Willem die vermiste
Volgens oorlewering word vertel dat Willem op een van sy jagtogte — iewers onbekend — teen...
Willem en die Goud Jagters
Willem Wragtig (rees) en Lang Willem tydens die goudstormloop Toe goud op Willem se plaas...
Willem en die droëperskes
Met die ontdekking van gouddraende erts op Willem se plaas Modderfontein, word dit verhaal dat...
Die spitgraaf
Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...
Willem en Sir Thomas Cullinan
Dit word vertel dat, nadat Willem die Modderfontein plaas verkoop het, hy onder andere die Plase...
Die verhaal van Makbees
(Wat nou volg, is alles 'n direkte aanhaling van 'n toespraak van wyle B.J. Prinsloo, bekend as...
Inleiding
FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...
Willem Petrus Prinsloo “Lang Willem” (G4)
Met die totstandkoming van die Willem Prinsloo Landboumuseum deur grondskenking van tant Miertjie...
Maria Elizabettha Prinsloo (G3)
Maria Elizabettha Prinsloo, ook bekend as 'tannie Beth' is op 14/12/1845 op die plaas Deelkraal...
Jochemus Johannes Prinsloo (G6)
Jochemus Johannes Prinsloo is in 1855 gebore en in 1926 oorlede. Sy bynaam was 'oom Rooi Joggem'....
Johanna Maria PRinsloo (G1)
Johanna Maria Prinsloo is op 22/06/1842 gebore. Haar huwelikstaat is onbekend en geen inligting...
Erasmus Daniel Jacobus Prinsloo (G2)
Daar is nie veel oor Erasmus Daniel Jacobus Prinsloo bekend nie. Die naam en geboortedatum van sy...
Petronella Aletta Prinsloo (G7)
Petronella Aletta Prinsloo is op 01/01/1847 gebore en op 22/08/1914 oorlede. Al wat van haar...
Martha Louise Prinsloo
Martha Louise Prinsloo se geboorte en sterftedatums is onbekend maar sy was getroud met Boy van...
Barendlina Hendrika Prinsloo (G9)
Barendlina Hendrika Prinsloo, ook bekend as 'tannie Bernien', is op 22/7/1853 gebore en op...
Ready to Make a Change?
Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.