Willem die vermiste

Volgens oorlewering word vertel dat Willem op een van sy jagtogte — iewers onbekend — teen verwagting, langer as ‘n jaar weg was. Sy vrou Johanna en die kinders het bekommerd geraak omdat hy langer as gewoonlik wegbly. Dit was teen die aard van Willem om so lank weg te bly en hulle het begin glo dat hy verseker tydens die jagtog moes omgekom het. Op ‘n stadium is dit toe aanvaar dat hy oorlede is en Johanna het begin rou en rouklere gedra.

Wat in der waarheid gebeur het, was dat hy tydens sy jagtog malaria opgedoen het en by die dood omgedraai het. Inboorlinge van die betrokke gebied was Willem blykbaar goedgesind want hulle het hom van vorige jagtogte geken. Hulle het Willem onder hul sorg geneem en hom vir maande lank ‘gedokter’ tot hy gesond genoeg was om terug te keer huis toe.

Op ‘n dag kom Willem toe by die huis aan. Volgens oorlewering het Johanna hom op ‘n afstand Sien aankom en gedink sy Sien ‘n spook. Sy het hom ingewag met rouklere aan en was stomgeslaan en kon nie praat nie.

Hierdie skok was vir haar te veel en sy het vir maande daarna bykans nie kon praat nie!

Willem Wragtig (rees) en Lang Willem tydens die goudstormloop

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.