Willem en Sir Thomas Cullinan

Dit word vertel dat, nadat Willem die Modderfontein plaas verkoop het, hy onder andere die

Plase Kaalfontein by die huidige Rayton, en Elandsfontein, waar Cullinan nou gelee is, gekoop het. Dit word vertel dat prospekteerders diamantdraende erts by Elandsfontein gekry het. Willem was egter onder die prospekteerders berug en hulle het uiters versigtig met hom probeer onderhandel. Willem het reeds ondervinding met prospekteerders gehad en besef dat hy geen rus en vrede met hulle sal hè nie. Hy het gevolglik met sy geweer op die stoep gesit om prospekteerders, wat hom wou Sien, te probeer weghou.

Sir Thomas Cullinan

 

Dit word ook vertel dat Sir Thomas Cullinan vas oortuig was dat daar diamante op veral Elandsfontein was. Uit vrees vir Willem en sy gelaaide geweer, het hy dit nie gewaag om in die dag sy opwagting daar te maak nie, uit vrees dat Willem daar sou opdaag. Hy het toe een nag deur die heining geklim en gruismonsters geneem. Sy vermoede oor diamante is toe bevestig.

Willem wou tot sy dood in 1898 nie bes gee en verkoop nie. Na 1898 het sy dogter die plaas geerf en sy het toe enkele jare later die plaas vir ‘n astronomiese bedrag verkoop.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.