Barend Jacobus

Barend Jacobus Prinsloo (oupagrootjie van skrywer) was die tweede seun van Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) en is op 20/07/1851, dieselfde jaar toe sy vader die tog na die Ngumi meer meegemaak het, gebore.

Daar is nie veel bekend oor sy kinderjare nie, maar dit word oorvertel dat, toe hy en sy ouboet Lang Willem, die vrystadium bereik het, hy Dorothea Catharina Johanna Riekert van sy ouboet afgevry het en hy is toe ook later met haar getroud.

Barend Jacobus Prinsloo

Die huweliksdatum is nie bekend nie. Dit word verder beweer dat hy en Lang Willem daarna vyande was. Hierdie bewerings is onwaarskynlik en kan nie bevestig word nie.

Dorothea is op 01/10/1857 gebore en was die tweede dogter van Lourens Johannes Riekert, wat te Tweefontein woonagtig was, en later op sy ander plaas Rust der Winter aan malaria oorlede en begrawe is.

Barend en Dorothea het hul mettertyd op die plaas Tweedracht in die destydse Pretoria-distrik (nou Bronkhorstspruit-distrik) gevestig. Barend was in die algemene spreektaal van daardie tyd as ‘Bêrend’ bekend. Hy was volgens oorlewering ‘n ware patriarg, heer en meester van sy plaas en gesin. Hy het niemand ‘gepla’ nie, en niemand moes hom ook ‘pla’ nie.

Die ontberings en lyde van die Anglo-Boereoorlog was vir hom en sy vrou nie gespaar nie, en hulle moes selfs ‘n kind (Johanna) as baba aan die dood in die Irene-konsentrasiekamp afstaan. Ook was Oom Petrus (H6) as kind daar Siek sodat daar ook vir sy lewe gevrees was. Dit alles het hulle nie ondergekry nie, maar hul eerder net in hul Godsvertroue gesterk. Tydens die AngloBoereoorlog was Barend aan die einde van sy dertiger en begin veertiger jare, maar dit is ongelukkig nie bekend in watter veldslae hy deelgeneem het nie.

‘n Bekende gesegde wat hy gehad het was: “so by my siel …l” — dan was dit finaal vir die toehoorder! Aan stories aandra en leuentaal het hy ‘n absolute afkeer gehad en as jy eenmaal aan hom ‘n leuen vertel het, al was dit onwetend, was dit verby met jou! Dit was altyd beter wanneer hy jou gevra het: ‘wat hoor jy?’ om te antwoord: ‘die mense kan baie lieg, maar hulle se dat…’. Dan het hy dit nie op jou rekening geplaas nie.

Hy het sy eie onderwyser gehuur om vir die kinders skool te hou. Dit was gewoonlik ‘n

Hollander. Hierdie onderrig was nie losstaande van die plaasaktiwiteite nie, sodat wanneer daar iets dringend voorgeval het, die ‘meester’ moes staak met sy skoolhou en een en almal, ‘meester’ ingesluit, dan kom handbysit. Elke seun het sy buitepligte gehad en dit was van die ‘meester’ verwag om ook in dié hoedanigheid ‘n oog op hulle te hou. Een sekere onderwyser was lief om soggens laat te slaap. Dit het Barend nie aangestaan nie, en hy het hom een goeie oggend met ‘n kweperlat bygekom!

Barend was ‘n streng dog regverdige vader. Sy kinders het hom, sowel as hul moeder, met die grootste respek en agting behandel. In die voorhuis het die Statebybel en die ‘musiek’ (traporrel) ‘n ere en regmatige plek gehad en huisgodsdiens was aan die orde van die dag. Gods Woord was die finale.

Die traporrel, wat in 1860 in Kanada gebou is, het hy op hulle eerste huweliksherdenking aan sy vrou Dorothea gegee. Hulle enigste oorlewende dogter met dieselfde naam het die orrel en ander meubels geerf na hul afsterwe (ek het dit weereens as aangenome kind, van haar geerf.

garend Jacobus Prinsloo

Hierdie orrel is in1985 gerestoreer en is tans in besit van my dogter Dorette en is nog steeds funksioneel). Dit is nie bekend hoe die orrel en meubels bewaar of weggesteek is toe die

Engelse met hul geskroeide-aarde beleid huisinhoude gebreek en huise afgebrand het nie.

52

Vir sy kieinkinders was Barend en Dorothea baie lief en volgens wyle oom Ben (12) kon hy nog onthou het dat die eerste wat sy oupa hom gevra het wanneer hulle kom kuier het was: “my kind, het hulle jou nie gemoker nie?”

Barend se gesondheid het egter vinnig agteruit gegaan weens suikersiekte wat mettertyd sy hart aangetas het. so het hy byvoorbeeld toe hy op Zorgvliet gekuier het, ernstig Siek geword, en moes hy inderhaas met ‘n verewa teruggestuur word huistoe. Hy is dan ook die nag van 15/04/1920 aan ‘n hartaanval by sy woning te Tweedracht oorlede terwyl sy seun Louwrens Johannes Prinsloo en sy gesin die naweek daar gekuier het.

Dorothea het getreur, maar nie soos een wat geen hoop gehad het nie. Sy, die stille nederige arbeidsame vrou en moeder, het nooit gekla nie maar as Christen haar oë na bo en na vore gerig — sy het nog haar kinders en bo alles haar Skepper gehad. By haar aan huis was nog Oom Petrus (H4) en Oom Danie (H7).

Na oom Danie se troue het Dorothea by hom en tant Lizzie op die plaas Boschkop gaan bly waar hulle haar liefdelik tot haar dood toe versorg het. Sy het nooit gekla nie en was ‘n inskiklike en

53

 

tevrede mens. Van haar eerste vrae wanneer jy haar besoek het was: ‘wat hoor jy van geeste en spoke?’ Die bestaan van geestelike wesens was vir haar ‘n werklikheid.

Op 23/04/1944, op 87 jarige ouderdom, het sy ook die tydelike met die ewige verwissel en is sy op die plaas Boschkop ter ruste gelê.

Vanweë die feit dat plaasbegraafplase moeilik oor die jare heen instand gehou kan word, het

Barend en Dorothea se kleinkinders, onder leiding van ‘Rassie’ Prinsloo (jongste seun van Oom Danie), op 11/10/1983 hulle, sowel as ‘n seuntjie van oom Bêrend (H3) en tant Makkie, te Bronkhorstspruit herbegrawe.

Uit die huwelik tussen Barend Jacobus Prinsloo en Dorothea Catharina Riekert is nege kinders gebore naamlik:

            Willem Petrus Louwrens Prinsloo (24/05/1881)

  • Louwrens Johannes Prinsloo (30/11/1884)
  • Willem Petrus Prinsloo ‘Oom Petrus’ (datum onbekend)
  • Barend Jacobus Gerhardus Prinsloo (datum onbekend)
  • Gerhard Pieter Prinsloo (04/02/1889)
  • Jochemus Johannes Prinsloo (18/08/1895)
  • Erasmus Daniel Prinsloo (20/02/1898)
  • Dorothea Regina Johanna Prinsloo (datum onbekend)
  • Johanna Maria Prinsloo (as baba oorlede) Vervolgens word bogenoemde kinders bespreek.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.