Dorothea Regina Johanna Prinsloo (H8)

Dorothea Regina Johanna Prinsloo was die enigste oorlewende dogter van Barend Jacobus Prinsloo. Haar geboortedatum is nie beskikbaar nie — ook nie inligting oor haar kinder- en jongmensjare nie. Sy was algemeen by die familie as ‘Tant Dorie’ bekend.

 

Sy is as oujongnooi met ‘n oujongkêrel, Andries Hendrik Grobler, getroud. Die hUweIiksdatum is egter nie bekend nie. Hulle het hulle op die Grobler-familieplaas te Brakfontein no.232, distrik Bronkhorstspruit gevestig. Hierdie plaas is, soos die kraai vlieg ongeveer 10km suid-oos van Zorgvliet, die plaas van Willem Wragtag, gelee.

Hulle was kinderloos en op gevorderde ouderdom het hulle my, Lourens Johannes (15), seun van Willem Maarten Prinsloo (14) en kleinseun van Louwrens Johannes Prinsloo (HS), aangeneem.

Andries Hendrik, Dorothea Regina Johanna en Lourens Johannes Grobler

Dorothea of ‘Tant Dorie’ soos sy bekend gestaan het, was ‘n humoristiese, liefdevolle, lang, deftige en trotse vrou wat haar ywer as huis- en boervrou by haar moeder Dorothea geerf het. Haar huis (ek onthou dit nog goed) was ten alle tye glansend skoon en netjies. Ventsterruite is weekliks gewas, alle sementstoepe en paadjies is met rooi politoer gepoleer, en alle houtvloere weekliks wit geskrop. Die werf buite die blomtuin-area is grasloos gelaat en is gereeld met ‘n hark strepe getrek.

Sy was ‘n kranige boervrou. Daar was ten alle tye ongeveer driehonderd lêhenne en jaarliks net so veel kuikentjies wat grootgemaak moes word. Die eiers is, nadat dit skoongemaak is, gestempel, in houtbokse verpak en stasie toe geneem. Uitskot henne is geslag en in Bronkhorstspruit en Delmas verkoop.

Andries en Dorothea Grobler

Haar man, Andries, het haar die troetelnaam ‘Hartjie’ gegee. Sy het ook baie deftig aangetrek en was selfs op die plaas altyd goed versorg. Sy het haar klere hoofsaaklik by die destydse kwaliteitswinkel ‘Garlicks’ gekoop. Hulle was streng getrou aan die Woord en daar is daagliks huisgodsdiens gehou, waartydens daar gewoonlik uit die Bergpredikasie gelees is.

Die broers wat die naasste aan haar was, was Louwrens Johannes Prinsloo en Erasmus Daniël Prinsloo asook Oom Danie se twee oudste seuns. Daar is op ‘n gereelde grondslag oor en weer gekuier. Nog ‘n gereelde kuiergas was Gerda Prinsloo, dogter van haar oudste broer Willem Prinsloo.

Dorothea het blykbaar ‘n voorgevoel gehad dat sy gaan sterwe en het drie dae voor haar dood abnormaal baie beskuit en boerebrood in die buite-oond gebak. Hierdie massa beskuit en brood was enkele dae later genoeg om al die begrafnisgangers by haar begrafnis op die plaas te voed! Sy is toe ook in die vroëe oggendure (ongeveer vieruur) aan ‘n hartaanval in haar bed oorlede. Die sterfdatum het my ontgaan, maar dit was in 1952. Ek onthou nog as vyfjarige kind hoe sy op haar sterfbed geroggel het! Sy is op die plaas Brakfontein begrawe. Haar man, Andries Hendrik Grobler, het tot sy dood aan keelkanker enkele jare later, op 84jarige ouderdom, nooit ophou treur nie. Hy is in Mei 1954 oorlede en is ook op Brakfontein begrawe.

Nou ietsie oor Andries. Andries Hendrik Grobler was ‘n kleinkind van die Voortrekkerleier

Andries Hendrik Potgieter. Tipies van die hartkoppigheid van die Potgieters wat hy oorgeërf

het, het hy weens politieke verskille omtrent geen kontak met sy familie gehad nie. Op ‘n stadium, herinner ek my, het sy ouboet Freek vanaf die verre Noord-Transvaal hom kom besoek, en hy het hom aanvanklik nie herken nie!

Hy het in beide die Slag van Bronkhorstspruit asook die Slag van Majuba asook veldslae van die Anglo-Boereoorlog deelgeneem en kon ure daaroor praat. Ongelukkig was ek nog te jonk en kan niks onthou nie. Hy het ook as regeringsoldaat aan die Rebellie van 1914 deelgeneem en is laterjare met ‘n rang van Kaptein vereer.

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.