Louwrens Johannes Prinsloo (H5)

Met Louwrens Johannes Prinsloo word die hoofafstammelinge van Adriaan Gerritzoon Prinsloo voltooi (Sien Inleiding).

Louwrens Johannes Prinsloo is die tweede seun van Barend Jacobus Prinsloo en is na sy oupa aan moederskant, Lourens Johannes Riekert, vernoem. Dit is onseker of die ‘W’ in die naam Louwrens oorspronklik by die name teenwoordig was aangesien aanduidings is dat grootoupa Riekert se naam ‘Lourens’ was en dat oupa se doopsertifikaat ook ‘Lourens’ aantoon.

Louwrens Johannes Prinsloo is op 30/11/1884, vermoedelik op die plaas Tweedracht, gebore. Op 18/10/1885 is hy in die Gereformeerde Kerk, Pretoria, gedoop.

As kind het Louwrens sy skoolopleiding by gehuurde Hollandse onderwysers, wat op die plaas vir al die kinders skoolgehou het, gekry. As klein seuntjie moes hy, soos die gewoonte daardie tyd was, van tyd tot tyd diens doen by sy oupa Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag). Hier was hy, soos met sy broers en nefies, betrokke by ligte stuurtake.

 

Louwrens Johannes Prinsloo

Daar is verder niks bekend van sy verdere kinderjare nie, maar op 16 tot 18 jarige OUderdom was hy wel betrokke by die Anglo-Boereoorlog waar hy veral by die Slag van Ladysmith betrokke was. Jare later het sy eertydse kommandant hom ‘n getuigskrif in dié verband gegee.

Sover bekend, het hy aanvanklik op die plaas Tweefontein en daarna op die plaas Puntlyf, distrik Bronkhorstspruit gebly, waarop hy geboer het. Indien na die lys van eiendomme van Willem Wragtag, wat hy aan sy kinders nagelaat het gekyk word, is daar geen plaas met die naam Puntlyf nie. Dit is daarom onseker of hierdie ‘n erfplaas van sy vader, ouma aan vaderskant, of skoonvader was en of hierdie ‘n verdeelde plaas was wat onder ‘n nuwe naam geregistreer is. Dit word egter vermoed dat hy dit van sy skoonpa, Willem Maarten Roos, ge-erf het.

Louwrens en Cornelia Prinsloo

Aanvanklik was Louwrens Johannes Prinsloo met Cornelia Susanna Jacoba Roos getroud. Sy is op 19/02/1890 gebore. Sy is egter nog jonk, toe sy veertig jaar oud was, aan breinvliesontsteking oorlede en op die plaas Puntlyf begrawe. Uit hierdie huwelik is die volgende kinders gebore:

  • Barend Jacobus Prinsloo ‘Oom Ben’ (17/12/1912)
  • Susara Magrieta Prinsloo ‘Tant Sarie’ (25/04/1915)
  • Dorothea Catharina Johanna Prinsloo ‘Tant Toetie/Tolie’ (06/03/1920)
  • Willem Maarten Prinsloo (03/06/1922)

 

By cornelia se afsterwe was Dorothea tien jaar oud en Willem agt jaar oud. Louwrens is daarna (datum nie bekend nie) weer met Maria Elizabeth Opperman, wat toe ‘n oujongnooi was, getroud. (Haar geboorte- en sterfdatum het my ontgaan).

As kind het ek ‘Ouma’ Maria, as ‘n persoon ervaar wat my met liefde en oorgawe lief gehad het, soos enige droomouma sou kon wees. Dit word egter beweer dat sy Dorothea en Willem uiters stief behandel het! Die vraag is egter: sou Oupa Louwrens dit toegelaat het?

Louwrens en Maria Prinsloo (links) en Maria Prinsloo met agterkleindogter Elzette Grobler

Ek onthou Oupa (Louwrens) as ‘n liefdevolle oupa met ‘n baie goeie sin vir humor wat altyd met ‘n kierie, wat hy self gemaak het, geloop het. Hy het na sy voorouers geaard, want net soos met Willem Spreeu en sy oupa Willem Wragtag, was hy baie behendig met houtwerk. Hy het veral fyn invoegwerk van ivoor aan die kieries gemaak, en ook onder andere ‘n tafeltjie met koedoehoringpote gemaak.

 

Louwrens was van jongs af ‘n liefdevolle beminde mens,wat         neefs, niggies, broers en suster bekend was as die ‘beminde’ neef/broer.

Op sy oudag kon hy, volgens ons hedendaagse standaarde, as ‘oorgewig’ beskou word. Die gevolg hiervan was dat hy ook, een naweek terwyl van sy kinders by hom te Puntlyf aan huis was, naar geword het. Terwyl daar vir hom water gehaal is om te drink, het hy inmekaar gesak en aan ‘n hartaanval gesterf. Hy was toe 72 jaar oud en dit was op 29/07/1956. Hy is langs sy eerste vrou Cornelia op die plaas Puntlyf begrawe.

Sy tweede vrou Maria, het daarna by haar suster op ‘n plaas in die Middelburg distrik gaan woon. Sy is in die sewentiger jare aldaar oorlede en is in Middelburg begrawe.

Louwrens Prinsloo met kleinkinders Rita Tant Sarie, Oom Ben en Tant Tolie as kinders en Corrie Wassenaar en Lourens Grobler

Oom Piet Botha, Tant Tolie met dogters

Marietjie en Christa

66

 

Willem Maarten en Lesia Maria Prinsloo

Tant Willa (vrou van Oom Ben), Tant Sarie en Tant Tolie

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.