Erasmus Daniël Prinsloo (H7)

Erasmus Daniël Prinsloo was as ‘Oom Danie’ en by die ouer garde (nou almal oorlede) as ‘Kjind’ bekend. Hy is op 20/02/1898 gebore en is later (huweliksdatum onbekend) met ‘Tant Lizzie’ (Elizabeth Wilhelmina Pieternella Viljoen) getroud. Tot en met sy huwelik het hy by sy moeder ingewoon. Tant Lizzie is op 15/04/1904 gebore en is op 18/01/1995 oorlede en in Bronkhorstspruit begrawe.

Die skrywer, as kind, onthou Oom Danie, of soos die oumense hom genoem het — Kjind (seker omdat hy ‘n jonger broer was) as ‘n baie humoristiese en vrolike mens wat verskriklik lekker kon lag. Hy was lief vir sy hout wiegstoel en as hy lag, het hy bykans die wiegstoel omgegooi! Ek onthou ook dat Tant Lizzie baie lief vir Krismisrose in hul goedversorgte tuin by hul huis te Boschkop was.

Oom Danie is op 10/10/1978 oorlede en in Bronkhorstspruit begrawe. Die kinders wat uit die huwelik gebore is, is die volgende (volledige name, geboorte- en sterfdatums, waar van toepassing, is nie beskikbaar nie):

Erasmus Daniel Prinsloo

  • Ben Prinsloo (Barend Jacobus Prinsloo) * Geboorte en sterfdatum onbekend
  • Piet Prinsloo (volle name nie bekend) * Geboorte en sterfdatum onbekend Rassie Prinsloo (Erasmus Daniël Prinsloo) * Geboortedatum onbekend. Oorlede

08/08/2016

 

Oom Danie en tant Lizzie se grafsteen

Our Blog

Latest Articles

Inleiding

Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...

read more

Die Gelofte

Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...

read more

Voorbereiding

Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...

read more

Veldslag

Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...

read more

Wonderwerke

God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...

read more

Nalatenskap

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...

read more

Kinders

Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...

read more

Jolyt in Pretoria

Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...

read more

Dapper Willem

Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...

read more

Die spitgraaf

Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...

read more

Inleiding

FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...

read more

Ready to Make a Change?

Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.