Die-Prinsloos wat veral in Bronkhorstspruit-distrik vir geslagte woonagtig was, het met oorlewering beweer dat die Prinsloofamilie hulle erfgrond ‘deurgebring’ het. Dit was in een stadium, veral gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu, ‘n skande as jy
‘n erfplaas sou verkoop.
Dit is verstaanbaar dat hulle so geredeneer het, aangesien ek nog as kind met ou mense van die vyftigerjare kontak gehad het, en hulle oor die algemeen nie die Prinsloofamilie kon verdra nie! Hulle was seker nie in staat om nog Plase by te koop nie. Jaloesie is egter die werklike verklaring van die afkraak van die Prinsloofamilie.
Wat in die praktyk egter gebeur het met betrekking tot Willem Wragtag se plaaserflatings, is dat elkeen van sy agt kinders Plase geerf het. Die mense van daardie tyd het groot gesinne gehad en elkeen van die kinders het Plase (of dele daarvan) geerf. Met elke verdere geslag is hierdie Plase verder onderverdeel tot op ‘n tydstip dat dit nie meer deelbaar was nie. ‘n Unieke voorbeeld hiervan is my oupa Louwrens Johannes Prinsloo se plaas Puntlyf wat verminder is tot 4 groot plotte!
Ongelukkig het die boerderybedryf na die Tweede Wêreldoorlog (veral saaiboerdery), baie vinnig van ‘n tipe bestaansboerdery weens ekonomiese druk moes omskakel na produksiegerigte boerderypraktyke wat streng volgens besigheidsnorme van vraag en aanbod bestuur moes word. Die meeste van die Prinsloo-nasate het hulle nou in ‘n verknorsing bevind aangesien die grootte van die Plase nie meer ekonomiese eenhede was nie. Hierdie delemma het die plaaseienaar onder druk geplaas.
‘n Ander uitvloeisel van bogenoemde is dat die jonger geslag nie meer in ‘n boerdery loopbaan belang gestel het nie aangesien ‘n ander loopbaan meer sou bied. Daarom het hulle hierdie plasies verkoop en eerder eiendom in ‘n stedelike gebied gekoop vanwaar hulle hul loopbane kan beoefen.
In die meeste gevalle is die Prinsloo-plase as versnipperde grond verkoop. Daarom is daar baie min van die gronde wat Willem Wragtag vir sy kinders nagelaat het nog in familiebesit.
Our Blog
Latest Articles
Inleiding
Soos die geslagte kom en gaan, is daar baie waardevolle inligting oor familievoorgeslagte wat met...
Adriaan Gerritzoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu)
Adriaan Gerritzoon Prinsloo tot Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu) Inleiding Daar is baie min...
Adriaan Gerritzoon Prinsloo (A)
Gedurende 1679 het Simon van der Stel goewerneur van 'De Kaap' geword met die opdrag van die...
Nicolaas Prinsloo (32)
Aangesien Nicolaas Prinsloo se broer en susters kinderloos gesterf het, kan hy in der waarheid as...
Willem Prinsloo “Willem die Oue” (C4)
Die periode wat Willem Prinsloo geleef het, word gekenmerk deur aanhoudende probleme met die...
Marthinus Prinsloo (D2)
Die geskiedenis van die "D-geslag" (Willem die Oue se kinders), word vir agtergrondsdoeleindes...
Hendrik Frederick Prinsloo (Dl)
Hendrik Frederick Prinsloo was die tweede seun van Willem die Oue en is op 04/07/1746 gebore. Dit...
Hendrik Frederick Prinsloo (E13)
Hendrik Frederick Prinsloo Jnr se geboortedatum is onbekend. Hy was getroud met een van sy...
George Diederick Petrus Prinsloo (E14) en Willem Jacobus Prinsloo
Hendrik Frederick Prinsloo (Dl), was ook die vader van George Diederick Prinsloo (geboortedatum...
Nicolaas Prinsloo (D3)
Nicolaas Prinsloo was die oudste seun van Willem die Oue en is op 25/08/1743 gebore. Hierdie is...
Jochemus Johannes Prinsloo (D4)
Daar is baie min oor hierdie direkte voorouer bekend behalwe dat hy ook 'n grensboer in die...
Willem Petrus Prinsloo “Willem Spreeu” (E7)
illem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu) se geskiedenis strek vanaf die tydperk toe hy 'n boer in...
Willem Prinsloo (D7)
Willem Prinsloo was die derde seun van Willem die Oue en is op 25/12/1749 gebore. Dit is onbekend...
Maria Elizabeth Prinsloo (E15)
Maria Elizabeth Prinsloo was een van die kinders (die ander onbekend) van Willem Prinsloo (D7) en...
Die “groot oorlogsvolk”, die Zoeloes
Shaka het in 1815 in Zoeloeland aan bewind gekom nadat hy as krygsowerste nuwe vegsmetodes en die...
Pet Retief en geselskap se moord
Piet Retief het beplan om na Dingaan te gaan met 'n traktaat waarvolgens toestemming verleen sou...
Blaauwkrantz-moordslagting
Dieselfde middag, Dinsdag 06/02/1838, moes eerwaarde Owen toekyk hoe Dingaan 'n reuse mag in die...
Die koms van Andries Pretorius
Nie baie lank na die Blaauwkrantz-moordslagting, is Gerrit Maritz skielik oorlede. Die afsterwe...
Die Gelofte
Vroeg in Desember 1838 het Andries Pretorius inligting ontvang dat die Zoeloes besig is om te...
Voorbereiding
Die Wenkommando — so is hulle ook genoem — het Saterdag 15/12/1838 die Buffelsrivier oorgesteek en...
Veldslag
Twee uur voor dagbreek was die Trekkers reeds op hul poste. Daar was egter 'n digte mis oor die...
Gevolge van die veldslag
Na die slag van Bloedrivier is die mag van die Zoeloes finaal verbreek en burgeroorlog het tussen...
Wonderwerke
God se Almag en genade vir die Voortrekkers kan baie duidelik gesien word as die volgende onder oë...
Die Slag van Bloedrivier en die nageslag
Hierdie veldslag sou beslis nie deur die Voortrekkers gewen kon word sonder die ingryping van ons...
Lewensgeskiedenis tot en met die Slag van Bloedrivier
Soos reeds in Deel I genoem, is Willem Petrus Prinsloo (Willem Spreeu), op 04/10/1819 getroud met...
Lewensgeskiedenis tot Willem Wragtag se vestiging in Pretoria
Gedurende 1841, nadat Port Natal deur die Britse magte beset is, het Willem Spreeu en sy gesin...
Verdere geskiedenis
Gedurende die begin van die 1850s, het Willem sy beroep van grootwildjagter begin beoefen....
Nalatenskap
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) het inderdaad as welgestelde man gesterf. Ten tyde van sy...
Kinders
Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag) is gedurende 1841 met Maria Johanna de Lange getroud. Uit...
Verdere geskiedkundige agtergrond
Willem het volgens die navorsing en geskrifte oor hom, hom nie veel aan politieke en staatkundige...
Kort agtergrondskets van Johanna Maria de Lange
Volgens aanduidings is Johanna Maria de Lange, vrou van Willem Petrus Prinsloo (Willem Wragtag),...
Die De Langes wil trek
Tydens die aanvang van die Groot Trek was die netelige kwessie wat elke egpaar gehad het, of hulle...
Onverskrokke Willem
Willem Wragtag se groot liefde was om te jag. Waar Pretoria vandag geleë is, was roofdiere in die...
Jolyt in Pretoria
Alhoewel Pretoria in die vyftigerjare van die negentiende eeu (Pretoria is in 1855 gestig) nog 'n...
Dapper Willem
Oor Willem se dapperheid kan boekdele geskryf word. Terwyl hy op 'n jaggeleentheid in...
Onderonsie met buffel
Die jagveld het Willem ook nie genadiglik behandel nie. Nadat hy op 'n keer 'n buffel gekwes het,...
Willem die vermiste
Volgens oorlewering word vertel dat Willem op een van sy jagtogte — iewers onbekend — teen...
Willem en die Goud Jagters
Willem Wragtig (rees) en Lang Willem tydens die goudstormloop Toe goud op Willem se plaas...
Willem en die droëperskes
Met die ontdekking van gouddraende erts op Willem se plaas Modderfontein, word dit verhaal dat...
Die spitgraaf
Volgens die gewoonte van daardie tyd, het een of meer van Willem Petrus Prinsloo se kleinkinders...
Willem en Sir Thomas Cullinan
Dit word vertel dat, nadat Willem die Modderfontein plaas verkoop het, hy onder andere die Plase...
Die verhaal van Makbees
(Wat nou volg, is alles 'n direkte aanhaling van 'n toespraak van wyle B.J. Prinsloo, bekend as...
Inleiding
FAMILIEGESKIEDENIS VAN NASATE VAN WILLEM PETRUS PRINSLOO (WILLEM WRAGTAG) Soos in die Inleiding...
Willem Petrus Prinsloo “Lang Willem” (G4)
Met die totstandkoming van die Willem Prinsloo Landboumuseum deur grondskenking van tant Miertjie...
Maria Elizabettha Prinsloo (G3)
Maria Elizabettha Prinsloo, ook bekend as 'tannie Beth' is op 14/12/1845 op die plaas Deelkraal...
Jochemus Johannes Prinsloo (G6)
Jochemus Johannes Prinsloo is in 1855 gebore en in 1926 oorlede. Sy bynaam was 'oom Rooi Joggem'....
Johanna Maria PRinsloo (G1)
Johanna Maria Prinsloo is op 22/06/1842 gebore. Haar huwelikstaat is onbekend en geen inligting...
Erasmus Daniel Jacobus Prinsloo (G2)
Daar is nie veel oor Erasmus Daniel Jacobus Prinsloo bekend nie. Die naam en geboortedatum van sy...
Petronella Aletta Prinsloo (G7)
Petronella Aletta Prinsloo is op 01/01/1847 gebore en op 22/08/1914 oorlede. Al wat van haar...
Martha Louise Prinsloo
Martha Louise Prinsloo se geboorte en sterftedatums is onbekend maar sy was getroud met Boy van...
Ready to Make a Change?
Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc. Nunc consequat justo eget enim finibus porta. Suspendisse orci nunc.